Minderheidsiening van die MBK was ’n beter oordeelsbesluit
Soos algemeen te wagte was, het die Monetêre Beleidskomitee (MBK) van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) op 18 September besluit (met ’n 4- teen 2-stemming) om vir eers sy rentekoersverlagingingsiklus te staak.
In sy kommentaar op die besluit sê prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool, dat die MBK die risiko’s rondom die inflasievooruitsig as gebalanseerd beskou het, en dat inflasie nou eers onder bedwang is.