Universiteite moet meer doen om risiko’s te ondervang
'n Onlangse meningsartikel deur prof Hermien Zaaiman van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Vanderbijlparkkampus bewys dat voorkoming beter as genesing is. Die artikel word as vereiste leesstof vir alle visekanseliers en risikobestuurders by Suid-Afrikaanse universiteite beskryf, veral in die lig van toenemende intimidasie en gewelddadige ontwrigting van lesings, seminare, praatjies, senaatsittings en raadsvergaderings. Professor Zaaiman is die bestuurder van die ETRB-sentrum vir Toegepaste Risikobestuur.