“Water eersdaags dalk so duur soos olie” – Prof Johan Tempelhoff

“Suid-Afrika kan in die toekoms ‘n punt bereik waar water net so duur soos olie sal word.” Dié stelling deur prof Johann Tempelhoff, ‘n navorser en historikus verbonde aan die Skool vir Basiese Wetenskappe aan die Vanderbijlparkkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU Vaal), het na vore gekom tydens ‘n onlangse onderhoud met die Burger.

Prof Tempelhoff het as ‘n gasspreker tydens die Geskiedenisberaad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in Pretoria opgetree, en gesê dat water “aansienlik” duurder sal word, onder meer weens die skaarsheid daarvan en die hoë koste om dit te suiwer. Suid-Afrika was nog altyd ‘n waterstresland en volgens prof Tempelhoff word dié krisis nou op die spits gedryf. Om die rede sal die land ernstig moet besin oor hoe hy in die toekoms die watersituasie benader en sy waterbronne bestuur. Die konsensus is dat die land se waterbronne op ‘n meer geïntegreerde wyse beter bestuur moet word – ‘n intervensie waarvoor miljarde rande nodig is om ook die huidige waterinfrastruktuur te verbeter.

SA ‘n waterarmland

Suid-Afrika is die 30ste waterarmland in die wêreld en sowat 65 persent van die land kry minder as 500mm reën per jaar, terwyl 21 persent minder as 200mm kry. Voorts is net ‘n kwart van Suid-Afrika se riviere standhoudend, terwyl die waterafloop die land wisselvallig en wispelturig is.

Prof Johann Tempelhoff

 

Submitted on Mon, 01/30/2017 - 09:15