Optentia-navorsing begin by die gemeenskap
Die 1990’s-idee van “gee sielkunde weg” het in 2017 by Optentia lewe gekry met navorsing wat hier gedoen word met die doel om “wetenskap weg te gee”. Vir die Optentia-navorsingsfokusarea is die gemeenskap die beginpunt van enige navorsingsprojek. “By Optentia doen ons navorsing saam met die gemeenskap,” sê die direkteur, prof Ian Rothmann.