Navorsing

Emosionele en sielkundige effek van misdaad is kompleks

Die misdaadsyfers wat Statistieke Suid-Afrika in 2019 vrygestel het, skets ’n somber prentjie. Die meeste Suid-Afrikaners leef in vrees en weet nie of hulle die prooi van misdadigers sal word nie. Slagoffers van gewelddadige misdaad verloor nie net hulle materiële besittings nie, maar kan ook beduidende emosionele en sielkundige trauma opdoen.
Submitted on

Navorsing is haar passie, en innovasie haar tweede natuur

Google het net 0,50 sekondes nodig om te reageer op die soekterme “Verona Leendertz”. Uit dié resultate is dit duidelik dat prof Verona Leendertz passievol is oor professionele ontwikkeling – hetsy haar eie is as kundige op die gebied van opleiding en ontwikkeling in hoër onderwys, of die kweek van toekomstige navorsers in die Noordwes-Universiteit (NWU) se TELIT-SA-fokusarea.
Submitted on

NWU-kundiges besoek Sentraal-Europa om internasionale samewerking ’n hupstoot te gee

Internasionalisering is ’n top strategiese prioriteit vir die Noordwes-Universiteit (NWU). Hierdie praktyk verbeter nie net die gehalte van onderwys nie, maar bevorder ook kennistransformasie en ‑verkryging, die mobilisering van talent ter ondersteuning van wêreldwye navorsing, en die bevordering van die kurrikulum met internasionale inhoud.
Submitted on

Inligting oor maatskaplike dienste is net ’n toep weg vir senior burgers

In ’n stowwerige straat van ’n dorpie in Noordwes moedig ’n groep 12-jariges mekaar luidkeels aan terwyl hulle kgati, ’n inheemse speletjie, met ’n springtou speel. Namate die speletjie ernstiger raak, hoor een van hulle haar ouma vanuit die kombuis roep en haar vra om gou na hulle wyksraadslid se huis toe te gaan om te hoor of die maatskaplike toelaes die volgende dag uitbetaal sal word. Om op ander staat te maak vir inligting oor maatskaplike dienste is ’n werklikheid wat talle Suid-Afrikaners ervaar.
Submitted on