Navorsing ondersoek die behoefte aan ’n streeksbeleid in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap
Die skepping en uitvoering van supranasionale streeksbeleide is ’n kritieke eerste stap om streke voor te berei om kernspelers op die wêreldwye verhoog te word. Die doel van sulke beleide is om ’n streek se basis te moderniseer en te herstruktureer, en volhoubare ontwikkeling oor grense heen te bevorder en aandag aan ekonomiese en maatskaplike ongelykhede te skenk.