Mensebelange

Roei bosindringing uit

Bosindringing is ’n wêreldwye uitdaging, maar deur die multimiljoenrand-RIBS-projek word hierdie groot bydraer tot gronddegradering met hernude ywer aangepak.

RIBS is ’n akroniem wat vir “Rangeland Improvement through Bush Control and Sustainable Intensification to mitigate Climate Change and improve Livelihoods and Food Security in Southern Africa” staan.

Submitted on Wed, 06/14/2023 - 09:56

BBP-groeisyfers vir die eerste kwartaal van 2023

Volgens prof Raymond Parsons van die Noordwes-Universiteit (NWU) Besigheidskool is die goeie nuus dat die BBP-groei van 0,4% in die eerste kwartaal van 2023, ná die hersiene -1,1%-groei in die vierde kwartaal van 2022, die Suid-Afrikaanse ekonomie in staat gestel het om ’n tegniese resessie – met ander woorde twee agtereenvolgende kwartale van negatiewe groei – te vermy.

Submitted on Wed, 06/07/2023 - 11:22

Nuwe boek ondersoek hoër onderwys in die lig van ’n pandemie

Die Covid-19-pandemie het verwoesting agtergelaat en die hoëronderwyssektor is nie gespaar nie. Dit is die gevolgtrekking waartoe ’n nuwe boek, getiteld Higher Education in the Face of a Global Pandemic, gekom het. Die mederedakteurs daarvan was prof Petronella Jonck van die Noordwes-Universiteit (NWU) en prof Emnet Tadesse Woldegiorgis van die Universiteit van Johannesburg (UJ).

Submitted on Wed, 06/07/2023 - 09:35

Jean Tiedt: Koning van verdediging

Rugby het verander. Dit het ontwikkel. Kyk maar na van die wedstryde in die 70’s, 80’s en vroeë tot middel-90’s. Dit was ’n bietjie van ’n deurmekaarspul, was dit nie? Daar was min struktuur (in elk geval nie soos vandag nie) en dit was meer van ’n skermutseling as ’n kliniese vertoning. Ja, daar was ’n paar asemrowende drieë, maar dit was omdat verdedigers meer op verdediging staatgemaak het as op geoefende patrone en noulettende ontleding van hulle teenstanders se aanvallende spel.

Submitted on Fri, 06/02/2023 - 15:24

Vernon Paulo beur boontoe

Daar is soveel van ’n vasbyter in Vernon Paulo se benadering tot rugby dat dit ’n mens amper bang maak. Dié amper-22-jarige woelgees van ’n haker is op die oorlogspad. Vra maar vir Ikeys se skrumskakel, Asad Moos, wat tydens die Varsitybeker-finaal tussen die Eagles en die Tigers besluit het om die tuisspan se verdediging met ’n fopaangee te toets. Hy het klaaglik misluk. Paulo het hom sonder vrees vir teenkanting met die grond gelyk gemaak. Dan het hy nog ’n aptyt vir drieë ook. Hy het die doellyn ’n ongelooflike 12 keer tydens die toernooi oorgesteek. Vir ’n haker … wat gaan hier aan?

Submitted on Fri, 06/02/2023 - 14:57

Jongste besluit deur die Monetêrebeleidskomitee verhoog onvermydelik die risiko vir oordrywing in die ekonomie

Die Monetêrebeleidskomitee (MBK) het op 25 Mei eenparig besluit om rentekoerse met ’n verdere 50 basispunte (bsp) te verhoog, en risiko’s vir inflasievooruitsigte wat steeds hoog is, aangevoer. Die MBK se vernaamste bekommernisse draai steeds om die moontlike tweederondte-uitwerking van hoër wesensinflasie en wisselkoersrisiko’s.

Submitted on Fri, 05/26/2023 - 13:51

Impak van voedingsprojek gaan deur leierskapsontwikkeling voort

Die werklike betekenis van ’n projek kan dikwels gemeet word aan die volhoubaarheid daarvan lank nadat dit voltooi is. Kundiges van die Noordwes-Universiteit (NWU) maak betekenisvolle bydraes in Nigerië as deel van die heel grootste belegging in voedingleierskapsontwikkeling in Afrika tot op hede. Hulle doelwit is nou om die voetspoor van die projek uit te brei lank nadat dit reeds voltooi is.

Submitted on Fri, 05/26/2023 - 09:28