Tegnologie-ondersteunde leer bevoordeel studente sowel as instelling

Navorsers in die nuwe navorsingsfokusarea van die Noordwes-Universiteit (NWU), TELIT-SA, is hard aan die werk om nie net die entiteit te vestig nie, maar ook om sy reikwydte en impak uit te brei. TELIT-SA fokus op die teorie en praktyk van leertegnologieë regoor die reeks dissiplines in hoër onderwys. Kortom: ’n toegewyde fokus op die praktyk van tegnologie-ondersteunde leer.

Aan die hoof van hierdie dinamiese entiteit is prof Seugnet Blignaut, ’n gesoute en hooggeagte kundige in onderwystegnologie. Prof Blignaut verduidelik dat die eerste doelwit van hierdie entiteit is om ’n navorsingstuiste vir alle vakkundiges te verskaf sodat hulle by tegnologie-ondersteunde leer kan aansluit.

“Praktykteorie help met die oorbrugging van die skeiding tussen basiese dissiplines en die teoretiese onderbou van die pedagogiese gebruik van tegnologie-ondersteunde leer,” sê prof Blignaut, en verduidelik verder dat dit sal help met die skep van ’n spesifieke formele kennisbasis in tegnologie-ondersteunde leer, wat op sy beurt as wettige, geldige en kritieke hulpbron en agent vir verandering regoor dissiplines heen sal dien.

Praktykteorie help ook om die gaping tussen basiese dissiplines en die teoretiese onderbou van die pedagogiese gebruik van TEL te oorbrug om ’n spesifieke formele TEL-kennisbasis as wettige, geldige en kritieke hulpbron te skep om regoor dissiplines as agent van verandering op te tree.  Die vae onderskeid tussen die leer oor tegnologie (in die beroep) en leer met tegnologie (pedagogies) word al hoe minder werklik namate TEL toenemend meer geïntegreer raak in elke aspek van onderrig en leer – tot voordeel van studente en die instelling. 

“Namate die entiteit ontwikkel, voorsien ons toenemende betrokkenheid van vakkundiges vanuit alle dissiplines,” sê prof Blignaut en voeg by dat TELIT-SA drie diskrete, maar interverwante subprogramme (SP) ondersteun:

  • Ontwerp en ontwikkeling van hoër onderwys en opleiding se tegnologiese instrumente, met opvoedkundige teorie en praktyk en mens-rekenaar-interaksiebeginsels in gedagte. Hierdie instrumente ondersteun die universiteitsmodules vir hoër onderwys en gesondheidsorg-opleidingsprogramme.
  • Die gebruik en nadenke oor tegnologie vir innoverende dissipline-gebaseerde hoër onderwys en opleiding.
  • ’n Institusionele perspektief oor die gebruik en evaluering van tegnologie vir leer in hoër onderwys en opleiding, sowel as in die bedryf.

“Die vae onderskeid tussen die leer oor tegnologie (in die beroep) en leer met tegnologie (pedagogies) word al hoe minder werklik namate tegnologie-ondersteunde leer toenemend meer geïntegreer raak in elke aspek van onderrig en leer – tot voordeel van studente en die instelling,” sê prof Blignaut.

Spanlede

Die drie subprogramme wat deur die entiteit omvat word, word deur dr Carin Venter, prof Dawid Jordaan en dr Verona Leendertz onderskeidelik bestuur.

Ten opsigte van navorsing spog TELIT-SA met sewe belangrike areas:

  1. Bordspeletjies (me Veruschka Pelser Carstens)
  2. Ernstige Speletjies en Kunsmatige Intelligensie (mnr Japie Greeff)
  3. App-ontwikkeling (prof Dawid Jordaan)
  4. Robotika (me Suné van der Linde)
  5. Datawetenskap (prof Phillip Pretorius)
  6. iTLT en PDTLT (dr Verona Leendertz)
  7. Kritieke Stelsel-denke in Inligtingstelsels (dr Carin Venter)

* Die administratiewe tuiste van TELIT-SA is in die Skool vir Inligtingstegnologie binne die Fakulteit Ekonomiese Wetenskappe en Inligtingstegnologie op die Vanderbijlparkkampus van die Noordwes-Universiteit. Vir meer inligting kontak die TELIT-SA-skakelbeampte deur ’n e-pos te stuur aan Noory.Yusuf@nwu.ac.za.

Prof Seugnet Blignaut

Submitted on Wed, 03/29/2017 - 10:19