Navorsingsnuus

Vervaardigingsektor nog nie uit die moeilikheid uit nie – dr Andre Mellet

Die Suid-Afrikaanse ekonomie het in die laaste kwartaal van 2016 negatiewe groei getoon. Hierdie negatiewe groei kan toegeskryf word aan die agteruitgang in twee sektore, naamlik mynwese en vervaardiging. Tydens ’n onderhoud met RSG het die welbekende ekonoom dr Andre Mellet van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Vanderbijlparkkampus kommentaar…

Universiteite moet meer doen om risiko’s te ondervang

'n Onlangse meningsartikel deur prof Hermien Zaaiman van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Vanderbijlparkkampus bewys dat voorkoming beter as genesing is. Die artikel word as vereiste leesstof vir alle visekanseliers en risikobestuurders by Suid-Afrikaanse universiteite beskryf, veral in die lig van toenemende intimidasie en gewelddadige…

“Beur voort en hou aan glo” – Prof Linda du Plessis

“Waak daarteen om uitdagings bloot as  nadelig te sien. Dit is belangrik om te weet dat deur probleme proaktief aan te spreek en te oorkom, jy in die proses waardevolle lewenslesse leer. Uitdagings en swaarkry leer ons deursettingsvermoë, volharding en aanpasbaarheid”. Dit is die boodskap wat prof Linda du Plessis, waarnemende kampusrektor van…

Geweld teen immigrante strem ekonomiese integrasie in Afrika

Die opvlamming van geweld teen immigrante in Johannesburg en Pretoria het skokgolwe deur die kontinent gestuur en aanleiding gegee tot oproepe vir robuuste dialoog en proaktiewe intervensies om xenofobie uit te roei.

Suid-Afrikaners vaar die strate in om te protesteer teen die teenwoordigheid van ongedokumenteerde Zimbabwiërs, Pakistani's…

Internasionale ekonometriekundige gaan hoofrede lewer by Sosiale Wetenskappe-konferensie

Die Noordwes-Universiteit se Vanderbijlparkkampus (NWU Vaal) vat hande met die Sosiale Wetenskappe-navorsingsvereniging in Turkye om later vanjaar die 8ste Internasionale Konferensie oor Sosiale Wetenskappe (ICSS) aan te bied.

Die konferensie sal van 23-25 Augustus 2017 in Durban gehou word en sal deur afgevaardigdes van regoor die wêreld…

NWU-navorsers kry befondsing vir bekamping van groot bedreiging

ʼn Portefeulje van kliniese navorsingsprogramme word in die vooruitsig gestel met die potensiaal om wetenskaplike begrip te verbeter van wat na verwagting die algemeenste oorsaak van dood in SA gaan word – nieoordraagbare siektes (NOS'e). Navorsers van die Noordwes-Universiteit (NWU) wat kardiovaskulêre siektes en hul risikofaktore bestudeer, het…

BABEL-projek wen ’n wêreldwye uitdaging

Die Noordwes-Universiteit se navorsers was deel van ’n internasionale konsortium wat ’n hoëprofiel-spraaktranskripsie-uitdaging gewen het – ’n eerste vir Suid-Afrikaanse navorsers op hierdie gebied.

Die huidige spraaktranskripsiestelsels is gebou op tegnologie wat oorspronklik vir Engels en ’n klein groepie wêreldtale ontwikkel is, met…

Ekonoom plaas brandstofprysverhoging in perspektief

Vanaf 1 Februarie 2017 kos 93- en 95-oktaanpetrol 29c/ℓ meer. Dié prysstyging is deur  die Departement van Energie aangekondig wat die olieprys en rand/dollar-wisselkoers as redes vir die styging gee. Tydens ’n RSG-onderhoud het die welbekende ekonoom, dr Andre Mellet van die Noordwes-Universiteit (NWU), ’n vergelyking tussen 2016 en 2017 se…

Die agt ekonomiese aanwysers om in 2017 dop te hou

Sal 2017 ’n beter jaar vir Suid-Afrika se ekonomie wees?

Dit is die vraag op alle Suid-Afrikaners se lippe, en in ’n poging om ’n antwoord hierop te verskaf, het prof Danie Meyer en dr André Mellet, albei akademiese personeellede binne die Fakulteit Ekonomiese Wetenskappe en Inligtingstegnologie aan die Noordwes-Universiteit se…

“Water eersdaags dalk so duur soos olie” – Prof Johan Tempelhoff

“Suid-Afrika kan in die toekoms ‘n punt bereik waar water net so duur soos olie sal word.” Dié stelling deur prof Johann Tempelhoff, ‘n navorser en historikus verbonde aan die Skool vir Basiese Wetenskappe aan die Vanderbijlparkkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU Vaal), het na vore gekom tydens ‘n onlangse onderhoud met die Burger.

Prof…