News

Beter koördinasie en samewerking kan voedselsekerheid in Suid-Afrika se landelike gebiede bevorder

“My passie vir landelike ontwikkeling het begin toe ek besef het dat daar gesinne is wat sonder kos bed toe gaan. Ek het nog meer daarin begin belangstel deur my navorsing oor sleutelstrategieë en -intervensies wat die land kan help met wyses waarop landelike ontwikkeling die beste aangewend kan word om te verseker dat daar voedselsekerheid is…

Hoe Afrika ’n “samelewing vir alle ouderdomme” kan ontwikkel

Afrika is en sal vir die afsienbare toekoms wêreldwyd die vasteland met die jongste bevolking wees. Intussen leef baie meer mense in Afrika toenemend langer.

Hierdie bevinding is op demografiese tendense op die vasteland gegrond en opper ’n klomp ingewikkelde kwessies vir beleidsmakers. Só sê prof Jaco Hoffman, ’n professor in Sosio-…

Professor Marietjie Havenga lewer intreelesing

’n Intreelesing is belangrik in die lewe en loopbaan van ’n akademikus.

Professor Marietjie Havenga het haar intreelesing, getiteld Koöperatiewe probleemgebaseerde leer in Inligtingstegnologie: Aktiewe leer vir die Vierde Industriële Revolusie, gelewer.

Prof Havenga het in hierdie lesing aangevoer dat die implementering van…

QS World University Rankings bevestig dat die NWU onder die bestes tel

Die jongste Quacquarelli Symonds-ranglys (QS-ranglys) plaas die Noordwes-Universiteit (NWU) onder die top-agt Suid-Afrikaanse universiteite op die QS World University Rankings, wat op 8 Junie vrygestel is.

Die NWU is wêreldwyd op die ranglyskategorie van 1 001 tot 1 200 vir die 2022/2023 QS World University Rankings geplaas – dieselfde…

Nuwe taalhulpbronne vir die vier Suid-Afrikaanse Nguni-tale

Beter tegnologie-instrumente is op pad vir Suid-Afrika se vier Nguni-tale. Navorsing wat by die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT®) aan die Noordwes-Universiteit (NWU) gedoen word, help met die invul van die ontbrekende skakels oor hoe hierdie tale gebruik word, wat weer sal lei tot die ontwikkeling van taalgereedskap wat op die jongste…

Mikroskopiese wonder op geelbuik-seeslang is ’n wetenskaplike deurbraak

Net soos reusagtigheid ontsag kan inboesem, so is daar wonders in die ongelooflike kleine te vind. Vir dr Roksana Majewska van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU) is dit baie waar.

Voordat ons die mikroskoop nadertrek, moet ons praat oor Hydrophis platurus – of die beterklinkende geelbuik-…

Bekende opvoedkundige oorlede

ʼn Bekende voormalige dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde en viserektor aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Vanderbijlparkkampus, prof Dewey de Wet, is Saterdag 2 Julie in die vroeë oggendure in sy huis in Potchefstroom oorlede.

Prof de Wet het studeer aan die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU…

NWU se Hoof en Visekanselier sluit aan by wêreldleiers in kernwetenskap vir internasionale webinaar

Die Noordwes-Universiteit se Hoof en Visekanselier, dr Bismark Tyobeka, is deur prominente wêreldleiers in kernaangeleenthede genooi om ʼn paneellid te wees in ʼn internasionale webinaar oor die rol van kern- en radiologieveiligheid in die vreedsame gebruik van kernwetenskap en -tegnologie.

Dit gaan alles oor die ouderdom – van wyn en ook van mense

Hoe ouer wynliefhebbers is, hoe droër verkies hulle hulle wyn, en hoe langer neem dit hulle om dit wat hulle gekoop het, te drink.

Dit is twee van die bevindings van ’n onlangse studie oor die wynvoorkeure van verskillende ouderdomsgroepe wat die navorsingseenheid TREES (Toerismenavorsing in Ekonomie, die Omgewing en die Samelewing)…

Uit die oogpunt van outisme: uitbeelding van outisme in die populêre kultuur

Die sewende nasionale Outismesimposium vind van 30 Junie tot 2 Julie 2022 op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) plaas. Die gebeurtenis laat die klem op die realiteite van mense met outisme en hulle gesinne val. Dit beloof om insiggewende perspektiewe deur kundiges op die gebied te lewer.

Die formaat…