News
Die NWU Besigheidskool ontvang nog ’n internasionale akkreditasie
Die Noordwes-Universiteit (NWU) Besigheidskool het onlangs sy akkreditasie by die vereniging vir besigheidskole in Afrika (Association of African Business Schools, AABS) ontvang. Die NWU Besigheidskool is deur die senior bestuurder vir Akkreditasie en Kwaliteit, dr Lungile Ntsizwane, verteenwoordig by die 2023 AABS Connect-konferensie, wat deur…
Groot projek bou leierskapskapasiteit in die Nigeriese voedingsektor
Die enkele grootste belegging in voedingleierskapsontwikkeling wat daar nog ooit op die Afrika-vasteland was, dra vrug, en die Noordwes-Universiteit (NWU) speel ’n belangrike rol daarin.
Die program van R20 miljoen, Leadership Development for Accelerated Progress in Nutrition in Nigeria (LEDA-NN), wat deur die Bill en Melinda Gates-…
NWU nooi gemeenskapsvennote uit om by ’n netwerk van kundiges aan te sluit
Die Noordwes-Universiteit (NWU) waardeer die noodsaaklike werk van niewinsgewende organisasies (NWO’s) en die impak wat hulle op die verskaffing van ondersteuning aan omliggende gemeenskappe het. Die universiteit nooi al sy bestaande gemeenskapsvennote asook alle ander plaaslike NWO’s – insluitende skole, geloofsgebaseerde en…
NWU klim tot by die top-4,4% van universiteite wêreldwyd
Die voortgesette styging van die Noordwes-Universiteit (NWU) op wêreldwye ranglyste het hulle tot in die top-4,4% van universiteite wêreldwyd geneem. Dit is volgens die 2023-uitgawe van die Global 2000-ranglys wat deur die Center for World University Rankings (CWUR) gepubliseer is. Dit is ’n verbetering van die top-4,5% vir 2022/2023 en die top…
BAQONDE se doelwit is om ’n wêreld van hoër onderwys oop te maak
Dit is noodsaaklik dat Afrikatale as onderrigtaal bevorder word indien ons wil hê dat ons kultuurerfenis bewaar moet bly, leeruitkomste moet verbeter en taalhindernisse verminder moet word. Dit het weer duidelik geword by die 2023 BAQONDE-kongres wat van 1 tot 5 Mei by die Noordwes-Universiteit (NWU) gehou is.
BAQONDE is ’n…
René glo dat wonderwerke steeds plaasvind
Om moed op te gee, was nooit ’n opsie vir die 23-jarige René Engelbrecht, wat onlangs haar BEd Grondslagfase-graad aan die Noordwes-Universiteit (NWU) behaal het, nie. Sy het haar graad cum laude verwerf.
Sy is gebore sonder ’n corpus callosum – die massa senuvesels wat die linker-…
Minister stel NWU-direkteur op Waternavorsingskommissie aan
Kundigheid is nodig om water – ’n noodsaaklike en skaars natuurlike hulpbron – te bewaar en te bestuur. Suid-Afrika is ’n relatief droë land en ervaar kritieke uitdagings wat onvoldoende water, probleme met watergehalte, onvoldoende infrastruktuur en inkonsekwente toegang insluit.
Die Waternavorsingskommissie (WNK) speel ’n integrale…
Ondersteuning en leiding van die NWU-gemeenskap maak graderingsreis makliker
Die vakgroep Inligtingstelsels aan die Noordwes-Universiteit (NWU) het in prof Joshua Chukwuere sy eerste Y2-gegradeerde van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) gekry.
Hy is in inligtingstelsels, en spesifiek in ontluikende en digitale tegnologieë, aan die NWU opgelei. Prof Chukwuere is ’n medeprofessor in die navorsingsfokusarea…
Studie kyk na die gesondheidsvoordele van plantgebaseerde voeding
Navorsers van die Noordwes-Universiteit (NWU) ondersoek die rol van heelvoedsel- plantgebaseerde voeding in Suid-Afrika.
Prof Andrew Robinson en dr Nanine Wyma, tans ’n meestersgraadstudent aan die NWU, is medestigters van die doktersvereniging vir voeding in Suid-Afrika (Physicians Association for Nutrition (PAN) South Africa). Hulle…
Van ideevorming tot kommersialisering – dit is NWU-navorsing wat ’n impak maak
Die Tegnologie-oordrag en Innovasie-ondersteuningskantoor (TOIO-kantoor) by die Noordwes-Universiteit (NWU) help innoveerders en entrepreneurs om hulle drome te bewaarheid.
Toe ’n derdejaar-BCom-student, Irene Nompini Tsele, haar idee vir ’n kosmetiekonderneming gekry het, het sy glad nie geweet dat ’n vennootskap met die universiteit…