News

EWP 2018 – Moet dit nie misloop nie

Die sperdatum vir aansoeke vir die 2018-weergawe van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Ondernemende Vroue-program (EWP) kom vinnig nader.

Beginner- vroulike entrepreneurs in die Vanderbijlparkstreek word aangemoedig om gebruik te maak van die tweede (en laaste) inligtingsdag, wat op Dinsdag 30 Januarie plaasvind, en om vir die program…

Skryf nou in - NWU se Ondernemende Vroue-program

Die nuwe jaar bring weer eens ’n opwindende en potensieel uitdagende geleentheid vir vroulike entrepreneurs in sentraal-Suid-Afrika deur middel van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Ondernemende Vroue-program (EWP).

Dit is hierdie jaar die sesde keer dat hierdie uiters geslaagde program deur die NWU se bhive Ondernemingsontwikkelingsentrum…

Oorbrug die digitale gaping een township op ’n keer

As die jongste HUB nóg van Projek Isizwe[HC1] , die innoverende niewinsgewende organisasie (NWO) agter Afrika se suksesvolste gratis Wi-Fi-netwerk, rig Dudu Mkhwanazi (26) haar visier daarop om die digitale gaping in Suid-Afrika te oorbrug. Meer nog, sy raai alle Suid-Afrikaners aan om na vore te kom en hulle deel te doen om internettoegang…

NWU en Go Purple Foundation bemagtig gemeenskap om kindermishandeling te voorkom

Die Kersseisoen is hier en waar party mense uitsien na verlof of ʼn rustiger tyd by die kantoor, is dit vir ander beroepe die besigste tyd van die jaar – veral vir maatskaplike werkers en lede van die SAPD.

Anneri du Plessis van die Go Purple Foundation, ʼn nie-regeringsorganisasie, en dr Elmien Truter, ʼn maatskaplike werker, dosent en…

Sharpeville 2020: aksienavorsing inspireer verandering ten goede

Meer as 55 jaar na die Sharpeville-slagting bloei die township steeds, en die jeug ly onder die gevolge daarvan. So sê prof Danie Meyer, medeprofessor in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark. 

Danie staan aan die hoof van die Sharpeville 2020-…

Optentia-navorsing begin by die gemeenskap

Die 1990’s-idee van “gee sielkunde weg” het in 2017 by Optentia lewe gekry met navorsing wat hier gedoen word met die doel om “wetenskap weg te gee”. Vir die Optentia-navorsingsfokusarea is die gemeenskap die beginpunt van enige navorsingsprojek.  “By Optentia doen ons navorsing saam met die gemeenskap,” sê die direkteur, prof Ian Rothmann…

Howzat! met KFC mini-krieket by NWU

ʼn Horde klein krieket-karnallies gewapen met kolwe, beenskutte en paaltjies het onlangs op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark toegesak om met hulle mini-krieketvernuf te spog. 

Meer as 20 skole van regoor Suid-Gauteng is deur mini-krieketspanne tussen die ouderdomme van ses en nege by die KFC Mini-Cricket…

NWU samel 14 ton klere vir ’n goeie doel in

Op 9 Oktober het dit onder studente van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Potchefstroom gegons van opgewondenheid toe hulle kaalvoet op die kampus rondgeloop het om Kaalvoetdag te ondersteun.

Kaalvoetdag is ’n jaarlikse gebeurtenis waartydens studente hulle daaglikse aktiwiteite kaalvoet aanpak as simbool van empatie met mense…

Skynverhore bied ʼn voorsmaak van maatskaplikewerk-omgewing

“Wanneer jy in hierdie hof instap, is jy op my speelvlak.” Dit is die woorde van mnr Johan van den Berg aan tweedejaar-maatskaplikewerkstudente tydens die jaarlikse skynverhore waar studente ʼn voorsmaak kry van die harde realiteit wat ʼn maatskaplike werker in die hof in die gesig staar.  

Ligte, kamera, aksie! Tweede One Button Studio sien die lig

Om ’n video op te neem, was nog nooit so maklik nie. ’n Tweede One Button Studio (OBS) is onlangs op ons kampus in Vanderbijlpark geopen om die gebruikersvriendelike dog baie moderne oudiovisuele toerusting binne bereik van elke student en personeellid te bring.

Die One Button Studio is ’n vereenvoudigde, selfdiens- en geoutomatiseerde video-…