News

Optentia-navorsing begin by die gemeenskap

Die 1990’s-idee van “gee sielkunde weg” het in 2017 by Optentia lewe gekry met navorsing wat hier gedoen word met die doel om “wetenskap weg te gee”. Vir die Optentia-navorsingsfokusarea is die gemeenskap die beginpunt van enige navorsingsprojek.  “By Optentia doen ons navorsing saam met die gemeenskap,” sê die direkteur, prof Ian Rothmann.…

Howzat! met KFC mini-krieket by NWU

ʼn Horde klein krieket-karnallies gewapen met kolwe, beenskutte en paaltjies het onlangs op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark toegesak om met hulle mini-krieketvernuf te spog. 

Meer as 20 skole van regoor Suid-Gauteng is deur mini-krieketspanne tussen die ouderdomme van ses en nege by die KFC Mini-Cricket Festival…

NWU samel 14 ton klere vir ’n goeie doel in

Op 9 Oktober het dit onder studente van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Potchefstroom gegons van opgewondenheid toe hulle kaalvoet op die kampus rondgeloop het om Kaalvoetdag te ondersteun.

Kaalvoetdag is ’n jaarlikse gebeurtenis waartydens studente hulle daaglikse aktiwiteite kaalvoet aanpak as simbool van empatie met mense…

Skynverhore bied ʼn voorsmaak van maatskaplikewerk-omgewing

“Wanneer jy in hierdie hof instap, is jy op my speelvlak.” Dit is die woorde van mnr Johan van den Berg aan tweedejaar-maatskaplikewerkstudente tydens die jaarlikse skynverhore waar studente ʼn voorsmaak kry van die harde realiteit wat ʼn maatskaplike werker in die hof in die gesig staar.  

Die…

Ligte, kamera, aksie! Tweede One Button Studio sien die lig

Om ’n video op te neem, was nog nooit so maklik nie. ’n Tweede One Button Studio (OBS) is onlangs op ons kampus in Vanderbijlpark geopen om die gebruikersvriendelike dog baie moderne oudiovisuele toerusting binne bereik van elke student en personeellid te bring.

Die One Button Studio is ’n vereenvoudigde, selfdiens- en geoutomatiseerde video-…

Dosent dra tot die wêreld se kennisskatte by

Taal fassineer prof Bertus van Rooy, wat floreer op die ingewikkeldhede van menslike uitdrukking deur taal, en vir sy pogings het hy van B3 tot B2 in die Nasionale Navorsingstigting (NNS) se graderingstelsel gevorder.

Bertus is ’n dosent in tale en direkteur van die navorsingsfokusarea met die naam Verstaan en Verwerking van Taal in…

Studente en gemeenskap vat hande om ekonomiese ontwikkeling te steun

Die skep van ’n beter gemeenskap vereis spanwerk, vennootskappe en samewerking, met ’n groot groep ondersteuners wat saamwerk om ’n beter toekoms te bou. Volgens prof Danie Meyer, senior lektor in ekonomie op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark, is dit die doel van die vennootskap tussen die NWU, die Vaal Local Economic…

'Serious game' kan statistiekkopseer verlig

Wanneer dit by die leer en begrip van statistiek kom, beskou talle studente die vak as ’n afskrikwekkende uitdaging wat hulle nie net gedemotiveer laat nie, maar ook gefrustreerd –soms selfs voordat hulle met die module op universiteit begin.

Toe die akademiese ondersteuningsdepartemente van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in…

USSA 2017: ’n dompelskoot vir NWU Vanderbijlpark

Die vrouebasketbalspan van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark het op die baan gewys wat in hulle steek tydens die onlangse Universiteitsport Suid-Afrika-kampioenskappe (USSA-kampioenskappe) wat in Stellenbosch plaasgevind het. Die span het goed gevaar en algeheel derde geëindig.

In hulle opmars na die semifinale het…

NWU Vanderbijlpark se sokkerspelers domineer B-afdeling by USSA 2017

Die mans- en vrouesokkerspanne van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark het die kampus se vaandel hoog gehou tydens die onlangse Universiteitsport Suid-Afrika-kampioenskappe (USSA-kampioenskappe) wat in Johannesburg gehou is.  

Albei spanne het in die B-afdeling deelgeneem en as die trotse afdelingwenners daar…