Mensgerigte Stories

NWU Rekeningkunde-projek werp vrugte af

Wat as ’n tussenkomsprogram begin het om akademiese hulp te verleen aan graad 12-leerders wat met rekeningkunde sukkel, het een van die vlagskipprojekte vir gemeenskapsbetrokkenheid by die Noordwes-Universiteit (NWU) geword.

Die NWU en Fezile Dabi-onderwysdistrik se Rekeningkunde-projek is in 2014 bekend gestel, en vier jaar later behaal…

Nuwe digitale gids wil township-ekonomie ’n hupstoot gee

Innovasie bloot ter wille van innovasie is nie innovasie nie. Ware innovasie is om die alledaagse uitdagings te identifiseer en nuwe en volhoubare oplossings daarvoor te vind.

Só sê Olivier Tshimbidi, alumnus van die Noordwes-Universiteit (NWU), en een van die stigterslede van Khomba Africa, ’n nuwe digitale platform wat besteding na…

Alles gereed vir die Sasol/NWU Vanderbijlpark Basketbaltoernooi

Alles is gereed vir die jaarlikse Sasol/NWU Vanderbijlpark Senior Basketbaltoernooi, wat van 2 tot 4 Maart 2018 plaasvind.

Sasol, ’n internasionale geïntegreerde chemiese en energiemaatskappy, gaan as die hoofborg van die gebeurtenis optree en spanne van regoor Suid-Afrika en die res van die vasteland sal die baan betree en mekaar die stryd…

UARM neem steeds die voortou in die risikobestuursektor

Ses jaar ná die totstandkoming van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Sentrum vir Toegepaste Risikobestuur (UARM) laat die sentrum steeds ’n spoor van uitnemendheid binne die risikobestuursektor agter.

In 2018 het die sentrum 22 meestersgraadstudente, van wie 15 eerstejaar-kursuswerk doen en sewe met hulle skripsies besig is. Die UARM se…

Kundiges bespreek SA se huidige stand van sake

>

Suid-Afrika staan by ’n kruispad. Een pad lei na ’n ontwikkelende land wat deur voortgesette ekonomiese groei en stabiliteit gekenmerk word, terwyl die ander deurtrek is met politieke en ekonomiese onsekerheid. Die feit is egter steeds dat hierdie kruispad ’n kritieke punt in Suid-Afrika se geskiedenis verteenwoordig, met besluite met…

NWU Vanderbijlpark: Welkom Eerstejaars!

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark het onlangs meer as 1 500 nuwe eerstejaars in hulle midde verwelkom.

Op Saterdag 3 Februarie is die nuwe groep eerstejaarstudente en hulle ouers tydens die 2018 Verwelkomingsdag amptelik by die NWU-familie ingelyf. Die Verwelkomingsdag – soos dit deur die Departement vir…

Prof Linda du Plessis vier ’n dekade by die NWU

Prof Linda du Plessis skrik nie sommer vir uitdagings nie, soos dit reeds sedert die begin van haar loopbaan by die Noordwes-Universiteit (NWU) in September 2007 duidelik was. Sy het destyds geskiedenis gemaak deur die heel eerste vroulike viserektor op die universiteit se kampus in Vanderbijlpark te wees.

Tydens die amptelike opening van…

NWU betreur die heengaan van voornemende onderwyser

Die gemeenskap van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark betreur die heengaan van Bathabile Mohopela, ’n student in die Fakulteit Opvoedkunde.

Bathabile, ’n finalejaar-Grondslagfase-student, het haar stryd teen kanker op Maandag 5 Februarie 2018 verloor. Sy het nog net vyf modules nodig gehad om haar graad te voltooi…

Werkswinkel om jou netwerkingsvaardighede te slyp

Daar word gesê dat geen mens ’n eiland is nie, en dit is veral waar ten opsigte van netwerking in besigheid. Daarmee in gedagte is dit vir nuwe sowel as gesoute entrepreneurs belangrik dat hulle netwerkingsvaardighede op peil is om by die voordele van aktiewe besigheidsnetwerke te baat.

Op Woensdag 28 Februarie 2018 bied die bhive EDC (…

NWU-personeel word bedank vir 410 jaar diens

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark het onlangs sy amptelike opening van die akademiese jaar gehou.

Tydens die geleentheid – wat die begin van die akademiese aktiwiteite vir die jaar inlui – het verskeie personeellede langdienstoekennings vir ononderbroke en lojale diens aan die universiteit ontvang. Die…