Paneeldiskoers oor die stand van sake in SA

Na afloop van beide die nasionale begrotingsrede en die staatsrede (SONA), het die tyd aangebreek vir Jan Publiek om homself van die sosio-ekonomiese en politieke impak van hierdie nasionale aanduiders en die impak daarvan, te vergewis.

Op Vrydag, 8 Maart 2019 sal die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark hulle jaarlikse NWU Alumni Sakeontbyt aanbied. Hierdie netwerkgeleentheid sal lede van die NWU se alumni-vereniging, akademici, besigheidseienaars en gemeenskapslede byeen bring om hulle opinies en idees oor SONA en die nasionale begroting te bespreek.

‘n Paneel kenners sal die bespreking fasiliteer en spesiale klem sal op die dag-tot-dag impak van kwessies soos die huidige ekonomiese beleid, belasting, verkwisting van fondse, ondernemings in staatsbesit en ekonomiese groei, gelê word. Hierdie kwessies is veral van belang inaggenome dat Suid-Afrikaners later vanjaar voor die stembus sal staan, ten einde ʼn nuwe Nasionale Vergadering en ʼn nuwe provinsiale wetgewer in die onderskeie provinsies te verkies.

Die paneel van kenners sluit in: Olivia Vaughan (Hoof Uitvoerende Beampte: Goue Driehoek Sakekamer), Lesego More (sosiale aktivis), Nkateko Rafael Khoza (Hoof Uitvoerende Beampte: Leza Private Equity) en Michelle Groenewald (navorser en dosent: NWU Fakulteit vir Ekonomiese en Bestuurswetenskappe).

Volgens Zanele Ngobese, alumni koördineerder, sal hierdie geleentheid gehoor gee aan die oproep van president Cyril Ramaphosa vir Suid-Afrikaners om byeen te kom en die spreekwoordelike hand by te sit in die soeke na oplossings vir alledaagse probleme soos werkloosheid, dienslewering, behuising, geslagsgebaseerde geweld en grondhervorming.

Vir navrae of besprekings, kontak Zanele Ngobese by 016 910 3250. Kaartjies beloop R70 per persoon, R140 per paar of R700 per tafel van 10 gaste.

The paneellede is Olivia Vaughan, Lesego More, Nkateko Rafael Khoza en Michelle Groenewald.

Submitted on Thu, 02/28/2019 - 14:42