Prof Little is nuwe swaargewig vir Optentia

Die Optentia-navorsingsfokusarea op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark voeg nog ʼn navorsingswaargewig by ʼn reeds indrukwekkende professoraat by.

Prof Todd Little sal op 15 April 2019 sy prestige lesing by Optentia lewer.

Hy is ‘n professor en die direkteur van die program vir Navorsing, Evaluering, Meting en Statistiek aan die Texas Tech Universiteit (TTU). Hy bestuur sedert 2013 die Institute for Measurement, Methodology, Analysis and Policy (IMMAP) as stigter en direkteur. 

Die instituut by TTU is ʼn mandaatgedrewe navorsing- en ondersteuningsentrum wat kundige konsultasiedienste en bystand op alle gebiede van data-insameling en -bestuur sowel as gevorderde statistiese analise bied.

Meer oor die kundige

Prof Little word wêreldwyd erken vir sy kwantitatiewe werk op verskeie aspekte van toegepaste SEM, wat moderne hantering van onbrekende data, aanwyserseleksie, verpakking en modellering van ontwikkelingsprosesse insluit. Hy is ook bekend vir sy substantiewe ontwikkelingsnavorsing wat aksie-beheerprosesse en motivering en selfregulering insluit.

As interdissiplinêr-georïenteerde medewerker het prof Little saam met meer as 340 internasionale navorsers in 67 verskillende eweknie-geevalueerde joernale gepubliseer. Sy werk is meer as 30 000 aangehaal (met ‘n H-indeks van 85 en ‘n I-10 indeks van 196).

Hy het Longitudinal Structural Equation Modelling in 2013 gepubliseer en het vyf boeke wat verband hou met  metodologie – waaronder die Oxford Handbook of Quantitative Methods en die Guilford Handbook of Developmental Research Methods (met Brett Laursen en Noel Card) – gepubliseer.

Prof Little het op verskeie beurskomitees vir federale agentskappe soos die NSF, NIH en die IES, sowel as privaatstigtings soos die Jacobs Foundation gedien. Hy was die hoofondersoekbeampte en medehoofondersoekbeampte van meer as 40 beurse en kontrakte, en was statistiese konsultant vir meer as 85 beurse en kontrakte.

As medewerkende navorser het prof Little bygedra tot die ontwikkeling van meer as 12 verskillende meetinstrumente, onder meer die CAMI, multi-CAM, BALES, BISC, die “I FEEL” en die vorm/funksie dekomposisie van aggressie.

Hy is die stigter van die internasionaal bekende Stats Camps* wat hy elke Junie organiseer en aanbied. Hy het reeds meer as 150 internasionale werkswinkels en praatjies oor metodologie-onderwerpe aangebied.

Optentia bied aan die einde van April, in samewerking met prof Little en prof Rens van der Schoot (ook ‘n buitengewone professor by Optentia), die eerste Suid-Afrikaanse Stats Camp[11]  aan.

Om die prestige lesing by te woon

Navrae kan aan me Lynn Booysen gerig word by Lynn.Booysen@nwu.ac.za.

*Gaan na https://www.statscamp.org/ vir meer inligting oor Stats Camp.

 

Prof Todd D Little

 

 

Submitted on Fri, 03/08/2019 - 09:53