Opvoedkunde Nuus

Teen alle verwagtings in: sy oorleef nie net nie, maar floreer

Ses jaar het reeds verloop sedert Chanell Meijer lewensveranderende beserings in ‘n ernstige fietsongeluk opgedoen het. In dié tyd het sy egter alle verwagtings oortref en sal sy gedurende die 2020 akademiese jaar van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark haar beywer vir ‘n meestersgraad in opvoedkunde.

Chanell – ‘n…

NWU se Optentia spring met ’n vaart weg

Met die akademiese jaar in volle swang, is die Noordwes-Universiteit (NWU) se Optentia-navorsingsfokusarea besig om met ’n vaart weg te spring.

Navorsers, professionele persone, lede van die akademie en nagraadse studente kan daarna uitsien om by ’n opleidingsprogram volgepak met ’n aantal werkswinkels, intreelesings en Stats Camp Suid-…

Optentia gaan tweede Stats Camp Suid-Afrika aanbied

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Optentia-navorsingsfokusarea het in 2019 geskiedenis gemaak deur die heel eerste Stats Camp Suid-Afrika aan te bied. Hulle sal in 2020 weer eens hulle kant bring en hierdie internasionaal-erkende opvoedkundige geleentheid aanbied.

Die ontledingswegbreekgeleentheid wat oor vier dae plaasvind, word in die…

NWU en die gemeenskap span kragte saam ten bate van Eureka Skool

Die Noordwes-Universiteit (NWU) en die Vanderbijlparkgemeenskap gaan kragte saamspan om van die Eureka Skool se jaarlikse Spesiale Sportdag ‘n sukses te maak. Dié dag bied aan leerders wat afhanklik is van hoëvlakondersteuning die geleentheid om op ‘n pret manier aan sportaktiwiteite deel te neem.

Vanjaar sal die tweede keer wees wat die NWU…

Hier kom die volgende geslag ekostryders

Die toekoms van ons planeet is dalk nie so donker as wat talle mense voorspel nie. ’n Navorser van die Noordwes-Universiteit (NWU) doen haar deel om ’n nuwe geslag ekostryders toe te rus met kennis en toewyding om waterskaarste en ander uitdagings wat met klimaatsverandering te doen het, te bestry.

Dr Irene Muller van die Fakulteit…

Aksiegebaseerde navorsing lei tot positiewe omgewingsverandering

Klimaatsverandering is nie iets wat ver weg, in ander streke en met ander mense gebeur nie – dit is ’n verskynsel wat ’n impak op almal, oral het. Dit is ’n les waaraan graad 7-leerders blootgestel word deur middel van ’n navorsingsprojek waarby navorsers van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark betrokke is.

Hierdie…