Vanderbijlparkkampus-nuus
Rusland se inval in Oekraïne: wat beteken dit vir Suid-Afrikaanse verbruikers?
Rusland se inval van Oekraïne het skokgolwe regoor die wêreld gestuur en beduidende onsekerheid in wêreldmarkte veroorsaak.
Hoewel ons geografies ver van hierdie strydende lande is, beteken die moderne era van globalisering en sterk integrasie van markte deur handel en finansiële vloei dat Suid-Afrikaners moontlik die uitwerking daarvan aan hulle beursies sal voel.
Die media en nuusagentskappe het sedert die begin van die inval baie gespekuleer om te probeer vasstel watter potensiële uitwerking dit op plaaslike ekonomiese toestande kan hê. Sommige ontleders waarsku dat ’n… Read more
Alumnus aan die stuur van NWU Vaal Rugbyklub in 2017
As die naam Lukas van der Schyff vir jou bekend klink, is die kans goed dat jul paadjies op die Vanderbijlparkkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU Vaal) gekruis het: eers as ‘n student, toe as ‘n alumnus en nou as die nuutverkose voorsitter van die NWU Vaal Rugbyklub.
Lukas – wat in 1998 die graad BCom Bemarking voltooi het, is…
Registrasie en oriënteringsprogram – ons eerstejaarstudente is belangrik!
“Ons eerstejaarstudente is belangrik en dus wil ons nie hê dat jy jou eerste jaar aan die universiteit bloot moet oorleef nie – ons wil hê dat vir jou ’n wonderlike ervaring moet wees!” Só sê me Prem Coopoo, die Dekaan van Studentesake aan die Vanderbijlparkkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU Vaal).
Die nuwe inname van…
NWU Vaal se BTMG – ’n vergelyking wat sin maak!
Dit is hierdie jaar die vierde jaar wat die baie geslaagde leerprogram, Oorbrug die Wiskunde-gaping, aangebied word. Dit word deur die Fakulteit Ekonomiese Wetenskappe en Inligtingstegnologie aan die Vanderbijlparkkampus van die Noordwes-Universiteit aangebied.
Die program haal beslis die byt uit wiskunde uit, en bied aan leerders die…
Oorbrug die Wiskundegaping – ’n tweede kans op sukses vir matrikulante
Vier jaar sedert die bekendstelling van die Oorbrug die Wiskundegaping- (BTMG-) leerprogram aan die Noordwes-Universiteit se Vanderbijlparkkampus het talle leerders nie net hulle vrees vir wiskunde verloor nie, maar is ook florerende studente wat hulle universiteitstudies in die veld van BCom en BSc volg.
Talle van hierdie leerders het van…