Oorbrug die Wiskundegaping – ’n tweede kans op sukses vir matrikulante

Vier jaar sedert die bekendstelling van die Oorbrug die Wiskundegaping- (BTMG-) leerprogram aan die Noordwes-Universiteit se Vanderbijlparkkampus het talle leerders nie net hulle vrees vir wiskunde verloor nie, maar is ook florerende studente wat hulle universiteitstudies in die veld van BCom en BSc volg.

Talle van hierdie leerders het van betreurenswaardige punte vir Wiskunde in die Nasionale Senior Sertifikaat- (NSS-) eksamen tot registrasie vir en die voltooiing van hulle graadstudies in Ekonomie, Besigheidsinformatika en Inligtingstegnologie inskryf gevorder.. “Die BTMG-program wil graad 12-leerders help om hulle Wiskunde-prestasie te verbeter, en hulle sodoende in staat stel om in te skryf vir graadprogramme soos BCom en BSc IT, wat ’n goeie Wiskunde-basis vereis,” verduidelik prof Herman van der Merwe, uitvoerende dekaan van die fakulteit.  Die leerplan van die program dek nie net die basiese wiskundige begrippe wat vanaf graad 8 onderrig word nie, maar ook die toepassing van hierdie begrippe in ooreenstemming met die uitkomste wat in die graad 12-leerplan gespesifiseer word.    Kortom: ’n verskerpte fokus op die hele Wiskunde-spektrum wat as voorkennis vir die Wiskunde-modules in onderskeidelik die BCom- en BSc IT-leerplan sal dien.

Meer oor die program

Die program – wat binne die Fakulteit Ekonomiese Wetenskappe en Inligtingstegnologie aangebied word – het in 2014 die BTMG-program bekendgestel as ’n inisiatief om nie net skoolleerders se begrip van Wiskunde te verbeter nie (en dus hulle algehele prestasie in die vak te verbeter nie), maar ook om hulle toe te laat om toegang tot gebiede soos handel en inligtingstegnologie te verkry.

Volgens me Daleen Gerber, Direkteur van die Skool vir Inligtingstegnologie, sal leerders wat in Januarie 2017 vir die BTMG-program inskryf, vir twee weke lank ses uur per dag met die kurrikulum besig wees. Hulle sal in hierdie tyd intensiewe afrigting ontvang – in groepverband asook op ’n individuele basis – en verskeie klastoetse geskryf, asook twee eksamenvraestelle om die vlak van hulle insig te bepaal. “Die program vereis ’n minimum slaagsyfer van 50% vir alle deelnemers, en ek is bly om te kan sê dat die program tot dusver ’n slaagsyfer van 80% gehandhaaf het,” sê Gerber.

Sukses behaal

Die grootste sukses van die program is dat dit ’n brug vorm tussen die abstrakte aard van Wiskunde en die praktiese toepassing daarvan. In die geval van ’n graadprogram soos BSc IT, is Wiskunde die basis waarop alle vakke in die natuurwetenskappe gegrond is, terwyl Wiskunde in BCom-programme gebruik word om byvoorbeeld logaritmes en eksponensiële funksies te bereken. Prof Van der Merwe beklemtoon die belangrikheid van ’n inisiatief soos die BTMG en sê dat deur leerders te bemagtig om vaardig en doeltreffend in wiskunde te wees, die kampus proaktief aan die groot behoefte van die land ten opsigte van hierdie vaardighede aandag gee. “Wiskunde is een van daardie vakke – saam met wetenskap – wat baie belangrik is vir die ekonomie en die verdere ontwikkeling van ons land,” sê prof Van der Merwe, en voeg by dat skoolleerders wat hulle studies wil voortsit of in sektore soos ingenieurswese, natuurwetenskappe, inligtingstegnologie en medisyne wil werk, Wiskunde, Wetenskap of albei moet slaag as hulle vir verdere studie op hierdie gebiede wil kwalifiseer.  “Ons ekonomie het dokters, ingenieurs, argitekte, aktuarisse en inligtingstegnologiespesialiste nodig, en ek glo dat as ons ’n universiteit en as ’n kampus daarin slaag om aan hierdie vaardigheidstekort aandag te gee.”

*Die program is net beskikbaar vir studente wat aan die Vanderbijlparkkampus verder wil studeer.

 

 

Submitted on Thu, 01/12/2017 - 10:04