Vanderbijlparkkampus-nuus
Rusland se inval in Oekraïne: wat beteken dit vir Suid-Afrikaanse verbruikers?
Rusland se inval van Oekraïne het skokgolwe regoor die wêreld gestuur en beduidende onsekerheid in wêreldmarkte veroorsaak.
Hoewel ons geografies ver van hierdie strydende lande is, beteken die moderne era van globalisering en sterk integrasie van markte deur handel en finansiële vloei dat Suid-Afrikaners moontlik die uitwerking daarvan aan hulle beursies sal voel.
Die media en nuusagentskappe het sedert die begin van die inval baie gespekuleer om te probeer vasstel watter potensiële uitwerking dit op plaaslike ekonomiese toestande kan hê. Sommige ontleders waarsku dat ’n… Read more
NWU Vanderbijlpark presteer goed in Peregrine-liga
Daar word gesê dat sweet plus opoffering gelyk is aan sukses. Wanneer ’n mens na die telkaart van die afgelope naweek kyk, lyk dit asof die rugbyspanne van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark daarmee saamstem.
Die kampus het die geskiedenisboeke herskryf toe hulle hul aartsvyande, Brakpan, in die Valke se Peregrine-…
NWU Vanderbijlpark spog met nuwe Alumni-advieskomitee
Ses jaar ná die stigting van die heel eerste alumni-advieskomitee op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark laat die komitee steeds sy teenwoordigheid geld.
Die komitee verteenwoordig die kampus se sterk en lewendige alumnigroep, wat regoor die wêreld versprei is. Daardie alumnilede vervul belangrike korporatiewe,…
Jong beginners gaan by entrepreneursikoon leer
As jy ’n beginner-entrepreneur is of dit oorweeg om ’n entrepreneursonderneming te begin, omkring 9 Mei 2018 op jou dagboek met jou rooi pen.
Op hierdie dag gaan die Noordwes-Universiteit (NWU) se bhive Ondernemingsontwikkelingsentrum (EDC) ’n werkswinkel en netwerksessie met die baanbreker-entrepreneur Ipeleng Nonkululeko Mkhari as…
Jaarlikse galafunksie vier die STR-klas van 2018
Die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark het onlangs die rooi tapyt uitgerol om die uitmuntende prestasie van sy STR-rekeningkundestudente te vier.
Hierdie studente, wat almal met die kurrikulum vir die Sertifikaat in Teorie van Rekeningkunde (’n honneursprogram) besig is, berei voor vir toelating tot die 2019 SAIGR (Suid-…
Alumnus beywer hom vir geslagsgelykheid
“Suid-Afrika se sukses – as nierassige, nieseksistiese, vooruitstrewende en verenigde land – kan slegs aan die lewensgehalte van sy vroue gemeet word.”
Só sê Vincent Kheswa, ’n alumnus van die Noordwes-Universiteit (NWU) en skrywer van die boek Is South Africa Ready For a Female President? History of African Female Leaders. Die boek is op…
‘n Blink toekoms wag vir slimkop Franco
Franco Bosman is ʼn man met ʼn plan. Tydens die onlangse Toekennings vir Studente-uitnemendheid van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark, is Franco aangewys as die beste GR-student in die 2017-derdejaarsgroep, met ‘n gemiddeld van 94%.
As ʼn huidige honneursstudent in…
Entrepreneursukses vir NWU-alumnus Thabiso
Thabiso Kgabung (27) het drie jaar lank vanuit die gerief van ’n lesingsaal vir die werksomgewing voorberei met die hoop dat wanneer hy sy graad verwerf het, hy ’n werksaanbod in sy voorkeur-studiegebied sou kry. Die werklikheid het hom egter geleer dat werk in Suid-Afrika – vir ervare professionele persone sowel as vir gegradueerdes – nie so…
Jong karateka mik na goud
Talle karatekas droom daarvan, maar baie min kry ooit die geleentheid om die Land van die Opkomende Son te besoek. Stephen Moeketsi, ’n finalejaar-BEd-student van die Noordwes-Universiteit (NWU), is een van die min gelukkiges wat die tuiste van karate, Japan, gaan besoek.
Stephen (25), ’n student op die NWU se kampus in Vanderbijlpark, het…
Maatskaplike werk: die beroep waar aksie en deernis mekaar ontmoet
Maart is die Wêreldmaand vir Maatskaplike Werk en in hierdie tyd is die kollig nie net op die beroep gefokus nie, maar ook op die belangrike bydraes wat hierdie dapper professionele persone in die samelewing lewer.
Die bewustheidsveldtog het op 20 Maart 2018 ’n hoogtepunt bereik toe professionele maatskaplike werkers maatskaplike werk-dag…
NWU-kundiges: maatskaplike werkers floreer ten spyte van swak werksomstandighede
Met die maand Maart wat aan professionele maatskaplike werkers gewy word, is die kollig op hierdie beroep en die belangrike bydrae wat dit aan die samelewing lewer.
Met die hoë voorkoms van maatskaplike probleme in Suid-Afrika loop maatskaplike werkers dikwels gevaar om as gevolg van swak werksomstandighede depressie, uitbranding, en…