Persvrystelling

NWU se Hoof en Visekanselier sluit aan by wêreldleiers in kernwetenskap vir internasionale webinaar

Die Noordwes-Universiteit se Hoof en Visekanselier, dr Bismark Tyobeka, is deur prominente wêreldleiers in kernaangeleenthede genooi om ʼn paneellid te wees in ʼn internasionale webinaar oor die rol van kern- en radiologieveiligheid in die vreedsame gebruik van kernwetenskap en -tegnologie.

Submitted on Wed, 07/06/2022 - 15:52

NWU ken Kanseliersmedalje aan Danie Hefer toe

“Oom Danie!” klink die stem van die jong vrou van oorkant die straat op. Vir ’n oomblik kom alles in die eklektiese Stellenbosch, waar hy rondstap, tot stilstand en Danie Hefer draai om. Hy het nog ’n paar oomblikke tevore rondgekyk op soek na ’n restaurant, onbewus daarvan dat sy rankerige gestalte die aandag getrek het van die vrou wat nou na hom toe hardloop. Sy gooi haar arms om hom en gee hom ’n drukkie. Nadat sy hom weer laat los het, bedank sy hom vir die rol wat hy gespeel het om haar te help om haar graad te kry.

Submitted on Fri, 06/24/2022 - 11:52

Die Noordwes-Universiteit kondig ’n nuwe voorsitter en ondervoorsitter vir sy Raad aan

Die Raad van die Noordwes-Universiteit (NWU) het op sy vergadering van 23 Junie 2022 ’n nuwe voorsitter en ondervoorsitter verkies.

Mnr Bert Sorgdrager, ’n gesoute regskundige met meer as 30 jaar ervaring in die privaat sektor, is as die sesde voorsitter van die NWU Raad verkies.  Mnr Obakeng Mongale, ’n ervare staatsamptenaar en die huidige superintendent-generaal vir die Noordwes Departement van Gesondheid, sal as ondervoorsitter dien.

Submitted on Fri, 06/24/2022 - 09:37

NWU stel nuwe hoof en visekanselier aan

Die Raad van die Noordwes-Universiteit (NWU) is trots om die aanstelling van alumnus dr Bismark Tyobeka as sy nuwe hoof en visekanselier aan te kondig.

Dr Tyobeka, wat as een van die voorste kernkragkundiges in die wêreld erken word, sal vanaf 1 Junie 2022 vir die volgende vyf jaar aan die stuur van die NWU wees. Hy volg in die voetspore van prof Dan Kgwadi, wat die diens van die NWU aan die einde van Januarie 2022 verlaat het.

Submitted on Fri, 03/18/2022 - 07:54

NWU-sterrekyker help om die wonderlike beelde van ’n magiese kosmiese “vuurwerkvertoning” vas te lê

Dit is vinniger as ’n oogknip, groter as ons hele heelal, en pulseer met ondenkbare intensiteit. Dit is een van die energierykste kosmiese gebeurtenisse wat tot op hede vanaf die aarde waargeneem en vasgelê is – ’n skokgolf wat oor 6,5 miljoen ligjaar strek.

Submitted on Thu, 02/24/2022 - 09:54

Projekspan wil hê dat alle universiteitstudente toegang tot inheemse Afrikatale moet hê

Universiteitstudente wie se moedertaal nie Engels is nie, behoort nie benadeel te word vergeleke met dié wat Engels tuis praat nie. Dit is waarom dit belangrik is om die speelveld ten opsigte van taal gelyk te maak.

Die Noordwes-Universiteit (NWU) is een van vier tersiêre-onderwysinstellings in Suid-Afrika wat saam met drie Europese universiteite werk om die gebruik van inheemse Afrikatale as medium van onderrig in tersiêre onderwys moontlik te maak en te bevorder.

Submitted on Wed, 08/11/2021 - 08:23