Navorsing
Navorser betrek Afrika-bevolkings by voorheen Eurosentriese selnavorsing
Waarom het sommige mense tydens die Covid-19-pandemie ernstiger koronavirus-simptome as ander ervaar? Internasionale navorsers glo dat ’n deel van die antwoord dalk diep in die mens se selle kan lê, veral in die klein sirkelvormige chromosoom binne-in elke sel, genaamd die mitochondriale DNS.
Genetiese variasies in mitochondriale DNS word beskou as die sleutel tot die ontsluiting van antwoorde oor die heel binnekantste werking van selle en die kartering van die pad vorentoe vir doeltreffender mediese behandeling.
UNESCO-leerstoel sit sy reis voort op sy pad om deure vir onderwys oop te maak
’n Sleutelagentskap van die Verenigde Nasies het sy vertroue in die Noordwes-Universiteit (NWU) getoon deur die leerstoel oor Multimodale Leer en Oop Opvoedkundige Hulpbronne vir ’n tweede termyn van vier jaar in te stel.
Die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kultuurorganisasie (UNESCO) het die NWU se voorlegging goedgekeur vir ’n hernuwing van die leerstoel, wat aanvanklik in 2019 aan die universiteit toegeken is. Die leerstoel is in Junie weer bekendgestel.
Studie ondersoek die gebruik van medisinale plante om kindersiektes te behandel
Dr Tshepiso Ndhlovu, ’n PhD-gegradueerde van die Noordwes-Universiteit (NWU), het belowende navorsing voltooi oor die gebruik van medisinale plante om kinders se siektes te behandel.
Siektes onder kinders lewer wêreldwyd ’n groot bydrae tot die sterftesyfer van kinders, en die hoë koste van konvensionele behandeling vererger die probleem deur ’n finansiële las op landelike bevolkings te plaas.
Sonteleskoop brei navorsingshorisonne oor sonfisika uit
Die sonteleskoop van die Sentrum vir Ruimtenavorsing wat op die dak van gebou G5 op die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus geleë is, het die aandag van organisasies soos die BBC en Royal Astronomical Society getrek.
Dr Ruhann Steyn, senior lektor en hoofwetenskaplike wat by die projek betrokke is, het onlangs die National Astronomy-vergadering in Cardiff, Wallis bygewoon, waar hy geloof is vir die uitnemende werk wat by die Sentrum vir Ruimtenavorsing gedoen word.
Die gebruik van tegnologie om taalonderwysers vir die toekoms voor te berei
Terwyl debatte oor die gehalte van die opleiding van onderwysers voortwoed, is die Noordwes-Universiteit (NWU) besig om te soek na oplossings soos gemengde werklikheid, wat sal verseker dat goed voorbereide en doeltreffende onderwysers die land se klaskamers betree.
Die onlangse bevindings van die 2021-PIRLS-studie (Progress in International Reading Literacy Study) dui aan dat 81% van Suid-Afrika se graad 4-leerders nie met begrip kan lees nie, en het die debat oor die gehalte van die voorbereiding van voordiensonderwysers in die opvoedkundesektor weer laat opvlam.
Kollig val op die rol van ouers in die dissiplinering van leerders
Talle studies het ’n sterk korrelasie gevind tussen leerders se vlak van dissipline en hulle akademiese prestasie, met laasgenoemde wat verbeter namate die vlak van dissipline verbeter. Maar watter rol speel ouers in die dissiplinering van hulle kinders?
Besoek lei tot samewerking oor voeding in Lesotho
Die Afrika-voedingsleierskapprogram (African Nutrition Leadership Programme, ANLP) van die Noordwes-Universiteit (NWU) gaan voort om doelgerigte leierskapskapasiteit op die Afrika-vasteland te bou.
NNS gee befondsing vir steenkoolnavorsing by die NWU ’n hupstoot
Die soektog na meer volhoubare en groener steenkoolenergie het ’n hupstoot gekry deur die Nasionale Navorsingstigting (NNS) se hernuwing van die Leerstoel vir Steenkoolnavorsing by die Noordwes-Universiteit (NWU).
Die leerstoel het as deel van die NNS se Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel-inisiatief (SARChI) befondsing van R4,15 miljoen per jaar vir die volgende vyf jaar ontvang. Dit kom neer op meer as R20 miljoen oor die hele tydperk.
Navorser verseker ’n plek vir parasiete op die rooilys vir bedreigde spesies
Parasiete. Net die noem daarvan kan vir ’n mens rillings langs jou ruggraat af gee, en beelde optower van organismes wat vinnig voortplant en ander spesies opvreet en vernietig. ’n Gevierde navorser van die Noordwes-Universiteit (NWU) hoop om hierdie persepsies te verander.