Natanya baan die weg vir entrepreneursuitnemendheid
Natanya Meyer is op ’n sending: om die weg te baan vir entrepreneurs van oraloor, hetsy dit deur onderrig, navorsing of mentorskap is, of in een van haar eie nuwe ondernemings.
Suid-Afrika staan by ’n kruispad. Een pad lei na ’n ontwikkelende land wat deur voortgesette ekonomiese groei en stabiliteit gekenmerk word, terwyl die ander deurtrek is met politieke en ekonomiese onsekerheid. Die feit is egter steeds dat hierdie kruispad ’n kritieke punt in Suid-Afrika se geskiedenis verteenwoordig, met besluite met verreikende gevolge wat geneem moet word.