UARM neem steeds die voortou in die risikobestuursektor

Ses jaar ná die totstandkoming van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Sentrum vir Toegepaste Risikobestuur (UARM) laat die sentrum steeds ’n spoor van uitnemendheid binne die risikobestuursektor agter.

In 2018 het die sentrum 22 meestersgraadstudente, van wie 15 eerstejaar-kursuswerk doen en sewe met hulle skripsies besig is. Die UARM se deeltydse meestersgraadstudente werk almal in die privaat en openbare sektor, wat aktiewe en samewerkende besprekings tydens klasse en toegepaste navorsing binne hierdie sektore toelaat.

Op professionele vlak wissel hierdie studente se werksrolle van risikobestuursbeamptes en interne ouditeurs tot die hoofde van risiko, voldoening en bestuur in die openbare sektor, en by nasionale en multinasionale maatskappye. Hierdie maatskappye sluit organisasies soos Eskom, SAID, Vodacom, Nedbank, die Trans Caledon Tunnel Authority en Nando’s in.

Volgens prof Hermien Zaaiman, medeprofessor en bestuurder van UARM, is dit belangrik vir die sentrum om nóú saam te werk met alle bedryfsvennote om voort te gaan om innoverende gedragsrisikobestuursoplossings te verskaf.

Die sentrum – wat binne die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe op die NWU se kampus in Vanderbijlpark funksioneer – is in 2012 gestig as gevolg van die groot behoefte aan kwalitatiewe nagraadse risiko-onderrig en toegepaste risikobestuursnavorsing in die Suid-Afrikaanse sakesektor. Ideaal gesproke speel sake- en risikobestuurders komplementerende rolle in die proses van die opstel en bereiking van ’n organisasie se doelwitte, maar in die praktyk het kenners gevind dat daar ’n breuk tussen hierdie interverwante rolle bestaan.

UARM: maak ’n impak

“Ons eerste groep MCom-studente het in 2016 gegradueer,” sê prof Zaaiman, en voeg by dat die sentrum se trofeekabinet die bewys is van die impak daarvan op die sake-, finansiële en opvoedkundige sektore. UARM is geakkrediteer by IRMSA (Instituut vir Risikobestuur Suid-Afrika) en het al verskeie IRMSA-pryse vir sy bedrae tot die ontwikkeling van risikobestuursopleiding binne die Suid-Afrikaanse hoëronderwyssektor gekry.

Meer oor UARM

Die meestersgraadprogram in Toegepaste Risikobestuur het ten doel om aan die behoeftes van voltydse werknemers by organisasies regoor die privaat en openbare sektor aandag te gee. Volgens prof Zaaiman werk volwasse onderrig die beste in ’n interaktiewe, onderhandelende leeromgewing, en as sodanig laat die sentrum studente toe om ’n bydrae te lewer en by gasdosente, professionele kundiges en op grond van hulle eie werkservarings by mekaar te leer. “Ons kwalitatiewe benadering tot risikobestuur vul die gaping wat deur die huidige oorheersing van kwantitatiewe risikoprogramme in hoër onderwys geskep is, en ons is in die bevoorregte posisie om plaaslik en internasionaal goeie werksverhoudings met voorste kundiges, akademiese instellings en risiko-organisasies te hê.

UARM het onlangs ’n nuwe inname van MCom-studente verwelkom

 

 

 

Submitted on Mon, 03/12/2018 - 09:29