Akademie

Aksiegebaseerde navorsing lei tot positiewe omgewingsverandering

Klimaatsverandering is nie iets wat ver weg, in ander streke en met ander mense gebeur nie – dit is ’n verskynsel wat ’n impak op almal, oral het. Dit is ’n les waaraan graad 7-leerders blootgestel word deur middel van ’n navorsingsprojek waarby navorsers van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark betrokke is.
Submitted on

Oognaspeuringstegnologie skep nuwe moontlikhede vir werk en speel

Om in die jaar 2018 te leef en te sien hoe vinnig tegnologie ontwikkel, kan ’n mens beslis laat sê dat verandering in ’n oogwink kan plaasvind. Die Skool vir Tale op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark kyk na die toekoms en gebruik oognaspeuringstegnologie om ware verandering te bring in die manier waarop mense werk en speel.
Submitted on

Studente en gemeenskap vat hande om ekonomiese ontwikkeling te steun

Die skep van ’n beter gemeenskap vereis spanwerk, vennootskappe en samewerking, met ’n groot groep ondersteuners wat saamwerk om ’n beter toekoms te bou. Volgens prof Danie Meyer, senior lektor in ekonomie op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark, is dit die doel van die vennootskap tussen die NWU, die Vaal Local Economic Development (LED) Warriors en die gemeenskap van Sharpeville.
Submitted on

NWU-kundige: Daar is verdienste in die idee om ’n nuwe klimaatsooreenkoms te versoek

Die VSA se president Donald Trump se onttrekking aan die Paryse Klimaatsooreenkoms vroeër hierdie maand is met wêreldwye ontsteltenis begroet. Trouens, die Verenigde Nasies (VN) sowel as voormalige president Barack Obama, het die besluit as ’n groot terugslag beskryf.
Submitted on