Dothraki en ander subkulturele tale – die fokus van ’n unieke PhD-studie
“Me zisosh disse”. Dit is net ’n vleiswond. Dit sal beslis goeie nuus wees as jy gewond is en een van dié taal se moedertaalsprekers is. Dit is Dothraki en is die fantasietaal wat vir die televisiereeks Game of Thrones geskep is. Die taal word vandag gepraat deur ’n beduidende getal mense wat aan ’n subkulturele groep in die samelewing behoort.