Studentelewe Nuus
GeeXpo 2019: Beurse vir slimkoppe in wiskunde en wetenskap
As jy ooit gewonder het oor die waarde van wiskunde en wetenskap, vra net vir Janu Fouché en Ruan le Hanie om hulle toekomsvooruitsigte met jou te deel.
Janu, ‘n graad 11-leerder van Potchefstroom Volkskool, en Ruan, ‘n finalejaar BSc IT-student, het tydens die jaarlikse Noordwes-Universiteit (NWU) GeeXpo-gebeurtenis hulle pad na sukses…
Spring gou vir Robin Banks werkswinkel
Het jy al jou kaartjie gekoop vir die mag-nie-misloop werkswinkel deur Robin Banks, die vooraanstaande kundige oor die onderwerp van denkkrag en persoonlike meesterskap? Indien nie, moet jou gou spring om jou plek te bespreek.
Op Donderdag, 10 Oktober, sal Robin Banks sy hoogaangeskrewe werkswinkel, “Success is a choice”, op die Noordwes-…
Gradeplegtigheidfees vir NWU-gegradueerdes
Die Oktober-gradeplegtigheid van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark was ’n heuglike ervaring. Toe die meer as 100 gegradueerdes die verhoog opgestap het, het trotse geliefdes ge-ululeer, gejuig en ritmies handegeklap.
Prof Linda du Plessis, die adjunkvisekanselier vir beplanning en kampusbedrywighede in…
ICIL2019: beklemtoon die belangrikheid van inligtinggeletterdheid op alle gebiede van die lewe
>
“Ons bied reeds sedert die begin van die nuwe millennium inligtinggeletterdheidsmodules aan, maar dit bly ’n ope vraag of ons wel ’n impak maak en die vlak van inligtinggeletterdheid onder ons kliënte verbeter.”
Dit was die stelling wat gemaak is deur dr Mathew Moyo, hoofdirekteur vir biblioteek en inligtingsdienste aan die…
Onoorwonne seisoen vir NWU Vanderbijlpark rugby
‘n Onoorwonne seisoen is iets waaroor enige afrigter en speler droom, maar slegs ‘n uitgelese groep sal dié prestasie op hulle getuigskrif kan aanbring.
Die o.21-rugbyspan van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark het dié uitsonderlike maalpyl vroeër vandeesmaand vermag toe hy sy eweknie Brakpan met 42-37 in die…
Krone, selfvertroue en charisma – Mej en Mnr NWU Vaal 2019
As jy gedink het dat skoonheidswedstryde net oor hoë modes en begeerlikheid gaan, misgis jy jou deeglik. By die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark verteenwoordig die jaarlikse Mej en Mnr NWU Vaal-kompetisie ’n viering van selfvertroue, charisma en talent.
Hierdie jaar het die pragtige Azania Msagala en die charismatiese…
NWU maak ’n impak tydens Eureka Skool se spesiale sportdag
Dit is ’n foto wat voorwaar boekdele spreek. Twee jong leerders wens mekaar geluk nadat hulle aan die jaarlikse spesiale sportdag van die Eureka Skool deelgeneem het. Met hulle breë glimlagte en blink ogies dra hulle trots hulle gedenkmedaljes om hulle nekke.
’n Gesig soos hierdie getuig van die Noordwes-…
NWU Vanderbijlpark verwelkom nuwe Studente-kampusraad
Die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark spog met ’n nuutverkose groep studenteleiers.
Tydens ’n onlangse gelukwensingseremonie het lede van die kampus se bestuurskomitee van die geleentheid gebruik gemaak om die nuwe verteenwoordigers van die Studente-kampusraad (SKR) te ontmoet en hulle voorspoed met hulle leierskapsreis…
Bordspeletjie help rekeningkundestudente om die sprong na die werkplek te maak
Nuuskierigheid stimuleer die brein, en dit maak bordspeletjies die ideale leerinstrument. Rekeningkundestudente sal dit binnekort agterkom wanneer hulle ’n nuwe bordspeletjie speel wat spesiaal vir hulle ontwerp is.
Kreatiewe benaderings tot onderrig en leer word toenemend binne en buite hoër onderwys gebruik. Een van die toonaangewers in…
Kyk waar jy loop: studentepedometeruitdaging!
Die tweeweek-uitdaging om meer aktief te wees, is aan die gang, en met die lente net ’n paar weke weg, is alle lede van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampusgemeenskap in Vanderbijlpark gereed om aan die Studentepedometeruitdaging deel te neem.
Die kompetisie, aangebied deur die Skool vir Bestuurswetenskappe, sal van 12 tot 25 Augustus…