Mensgerigte Stories

Wiskunde + wetenskap = GeeXpo-sukses

As jy steeds wonder oor die waarde van wiskunde en wetenskap, vra net vir William Cronje en Reinardt Atkinson om hulle toekomsvooruitsigte met jou te deel.

William, ’n graad 11-leerder van die Vereeniging Gimnasium, en Reinardt, ’n finalejaar-BSc IT-student, het onlangs tydens die jaarlikse Noordwes-Universiteit (NWU) GeeXpo-gebeurtenis…

Alumnus onder die top-200 jong Afrika-leiers

Eric Ntumba is ’n man met ’n missie: om verandering na die Afrika-vasteland te bring. En hy doen dit deur deurlopend sy leierskapsvaardighede te verfyn en deur ’n sterk standpunt in te neem oor kwessies wat die vasteland raak.

Hierdie trotse alumnus van die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs nog ’n toekenning by sy reeds indrukwekkende…

‘n Arend vir Fanie

Fanie Roos, ’n dosent in sportbestuur, het onlangs die eerste verteenwoordiger van die Noordwes-Universiteit (NWU) geword wat die gesogte Professionele Gholfspelersvereniging van Suid-Afrika (“PGA-SA”) toegespreek het.

Hy het ook pas gehoor dat hy uitgenooi is na die 2019 weergawe van die Amerikaanse Professionele Gholfspelersvereniging (“…

Inligting oor maatskaplike dienste is net ’n toep weg vir senior burgers

In ’n stowwerige straat van ’n dorpie in Noordwes moedig ’n groep 12-jariges mekaar luidkeels aan terwyl hulle kgati, ’n inheemse speletjie, met ’n springtou speel. Namate die speletjie ernstiger raak, hoor een van hulle haar ouma vanuit die kombuis roep en haar vra om gou na hulle wyksraadslid se huis toe te gaan om te hoor of die maatskaplike…

Gr8 Success! – ’n ernstige speletjie om vir mense sagte vaardighede aan te leer

Ontmoet vir Faith Sibiya en Carl Thomson. Hulle is twee tipiese universiteitstudente. Faith is ’n eksentrieke voetesleper en vind altyd ’n verskoning om daardie baie belangrike taak te doen… maar môre. Carl, aan die ander kant, is ’n aandagafleibare lolpot. Hulle moet albei binne ses maande hulle buiging in die werksomgewing daarbuite maak.

BTMG – ’n berekening wat sin maak!

Vyf jaar ná die bekendstelling van die Noordwes-Universiteit (NWU) se leerprogram, Oorbrug die Wiskunde-gaping, het die vraag na deelname aan die program met rasse skrede toegeneem.

Deur hierdie intervensie – ook die BTMG-program genoem – het talle leerders nie net hulle angs oor wiskunde oorkom nie, maar floreer ook as studente binne die…

NWU-konvokasie: ontbyt is op die tafel!

Die terme “alumna” of “alumnus” verteenwoordig baie meer as blote titels. Dit is nie slegs ’n deel van jou akademiese verlede nie, maar ook van jou professionele toekoms. Kortom: dit verteenwoordig ’n lewenslange verhouding met jou alma mater – en in jou geval, die Noordwes-Universiteit (NWU).

Wat ook al by die NWU gebeur, kan ’n invloed op…

GeeXpo 2018: begogel jou sinne en leef jou wetenskapfantasieë uit

Droom jy van ’n loopbaan in wetenskap en tegnologie? Indien wel, is die GeeXpo 2018 net vir jou! Teken Saterdag 13 Oktober in jou dagboek aan en maak seker dat jy aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se grootste jaarlikse wetenskap- en inligtingstegnologie-expo deelneem.

Wat GeeXpo so ’n onvergeetlike ervaring maak, is die feit dat dit baie…

Die toekoms lê oop vir die gegradueerdes van 2018

Die opwindende wêreld van die werksomgewing wag op diegene wat in 2018 gegradueer het. Dis ’n wêreld wat deur ongeëwenaarde verandering, vinnige tegnologiese vorderings en ’n groot behoefte aan responsiewe en strategiese leierskap gekenmerk word.  

In haar toespraak by die onlangse Oktober-gradeplegtigheid van die Noordwes-Universiteit (NWU…

EWP: Verander die gesig van entrepreneurskap in Suid-Afrika

Dit is ’n bewese feit dat belegging in vroulike entrepreneurs tot werkskepping, nuwe inkomstebronne en innoverende bydraes tot die gemeenskap lei.

Voorbeelde hiervan – soos dit tydens die 2018-weergawe van die Ondernemende Vroue-program (EWP) ontwikkel het – sluit onder andere ’n virtuele kantoorbestuurstelsel, ’n meubelonderneming wat…