Alumni-kantoor betrek gegradueerdes deur loopbaanontwikkelingsondersteuning

Getrou aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se sorgsaamheidsetiek gaan die Alumni-kantoor, in samewerking met die Loopbaansentrum, op Woensdag 7 Augustus ’n loopbaanbemagtigingsdag vir lede van die alumnigroep op die kampus in Vanderbijlpark aanbied.

Die doel van die dag is om aan gegradueerde werksoekers die geleentheid te bied om ’n werkswinkel oor die skryf van CV’s en die verkryging van onderhoudsvaardighede by te woon om hulle vir toekomstige indiensnemingsvooruitsigte voor te berei. ’n Loopbaan-ekspo sal ook toesien dat hulle netwerke met ’n verskeidenheid sake- en bedryfsverteenwoordigers kan vorm.

Volgens Zanele Ngobese, die alumnikoördineerder, is die universiteit steeds verbind tot die maatskaplike, akademiese en professionele welstand van sy alumni wat as een van sy mees geliefde groep handelsmerk-ambassadeurs beskou word.

Sy verduidelik ook dat die Loopbaansentrum een van die belangrikste kantore op die kampus is, aangesien die sentrum deur middel van unieke en omvattende dienste die studente en gegradueerdes op ’n baie praktiese manier help. “Die Loopbaansentrum bied aan lede van die universiteitsgemeenskap al die hulpbronne wat hulle nodig het om ’n geslaagde oorgang vanaf hulle akademiese na hulle professionele lewe te maak.

Wanneer sy verduidelik hoe relevant die naderende loopbaandagintervensie is, beklemtoon Zanele die belangrikheid van ’n goeie CV. “Jou CV is die eerste kans wat jy as ’n gegradueerde kry om ’n goeie indruk op ’n potensiële werkgewer te maak, en ’n baie goeie CV sal ’n gegradueerde beslis help om ’n kans te staan om vir ’n persoonlike onderhoud genooi te word, en dus is dit die moeite werd om tyd en energie aan die inhoud en aanbieding daarvan te bestee.”

Bespreek jou sitplek vandag nog!

Vir meer inligting oor hierdie gebeurtenis wat jy nie moet misloop nie, kontak asseblief vir Zanele by 016 910 3250 of stuur vir haar ’n e-pos by zanele.ngobese@nwu.ac.za. Dit vind van 09:00 tot 15:00 op die kampus in Vanderbijlpark plaas.

 

 

 

 

 

 

Submitted on Thu, 07/11/2019 - 12:05