News
Moeilike tye het doeltreffende oplossings nodig om landbougroei te verseker
Suid-Afrika is op die rand van ’n resessie, en die voortgesette verbrokkeling van semistaatsinstellings soos Eskom en Transnet is besig om die land se ekonomiese probleme te vererger. Een van die talle sektore wat lamgelê word, is ook een van die belangrikstes, naamlik landbou.
Die Noordwes-Universiteit (NWU) is vas van plan om…
Lae stempersentasie: Opvoeding is die antwoord – Noordwes-Universiteit
Die straf en die oortreding pas nie by mekaar nie. Suid-Afrika het ’n endemiese, groeiende en unieke siekte wat nie net die gesondheid van ons land se demokratiese strukture raak nie, maar dit is ook ’n baie swak vorm van straf vir die gebrek aan dienslewering. Die stempersentasie raak al hoe laer, maar om weg te bly, is nie ’n oplossing vir…
NWU Eagles sit vir Tuks ore aan
Alles loop weer klopdisselboom. Ná ’n effense insinking teen Maties ’n week gelede, is die NWU Eagles weer op die voorvoet nadat hulle UP Tuks tydens die Varsitybekertoernooi in Pretoria met 26–22 kafgedraf het. Die seëvierende besoekers het vier drieë gedruk– twee deur Tino Swanepoel en een elk deur Keano Windvogel en Theuns Pretorius.…
Ronel Emms: “Daar kan boeke oor haar geskryf word.”
Sy is die onbetwiste moederfiguur van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Rugbyinstituut. Sy is een van die helde agter die skerms. Sy is die vriendelike gesig wat jou eerste groet. Sy is Ronel Emms, en sy het net soveel aandeel aan die Rugbyinstituut se bultende trofeëkas as al dáái drieë wat goud ingesamel het.
As sekretaresse van die…
Boek ondersoek die rol van musiek in emosies
Musiek kan ’n mens se gemoed kalmeer. Daar word gesê “musiek maak die woedende monster stil”.
Dit kan byvoorbeeld ’n omgewing van kalmte, romanse, leer en kreatiwiteit skep. ’n Nuwe boek deur prof Conroy Cupido, ’n akademikus van die Noordwes-Universiteit (NWU), kyk hoe vier visuele kunstenaars oorspronklike kunswerke geskep het oor die…
Afrika-pluimbalkampioenskapstoernooi in Benoni
Afrika se toppluimbalspelers – waaronder drie studente van die Noordwes-Universiteit (NWU) – het van 13 tot 29 Februarie by die John Barrable-saal in Benoni aan die Oos-Rand bymekaargekom om vas te stel wie ’n pluimbalraket die beste kan swaai.
Die geleentheid was die All Africa-pluimbalkampioenskap en die NWU-studente was Deidré…
Die Noordwes-Universiteit voer ’n stryd teen seldsame siektes
Seldsame siektes kom meer algemeen voor as wat jy dink. Dit klink soos ’n oksimoron, nie waar nie? Nie vir die 4,1 miljoen suid-Afrikaners wat in hulle leeftyd deur seldsame siektes geraak is of geraak sal word nie. Vir talle kan dit ’n doodsvonnis wees, vir ander is dit ’n lewensveranderende diagnose. Die Noordwes-Universiteit (NWU) is daartoe…
Eenheid vir Voortgesette Opleiding ’n konstante in die verskaffing van geleenthede vir die opgradering van vaardighede
Tyd is ’n kommoditeit wat nie oral ewe volop is nie. Die tyd wat jy het, moet optimaal benut word, veral in ’n vinnige wêreld waar die deurlopende ontwikkeling van ’n mens se vaardighede noodsaaklik is om in die werkplek relevant te bly. Ons woon in ’n wêreld waar stagnasie baie nadelig vir ons toekoms is. Dit is waar die Eenheid vir…
Maties stuit Eagles se droombegin
Daar kom die Noordwes-Universiteit Eagles se droombegin vir hulle Varsitybeker-veldtog tot ʼn einde. ʼn Naelskraapse 31–28 nederlaag teen Maties Maandagaand 6 Maart op die Fanie du Toit-sportterrein beteken dat die Eagles se segetog van twee agtereenvolgende oorwinnings nou iets van die verlede is, maar dit het op ’n stadium gelyk of die teendeel…
Kabinetskommeling sal deur uitkomste beoordeel word
“Die langverwagte besluit deur President Cyril Ramaphosa om sy kabinet opnuut saam te stel en ook om die bestaande vakante ministeriële sleutelposte te vul, sal in die tydperk wat voorlê deur die uitkomste daarvan beoordeel word.”
In sy kommentaar oor die skommeling van die kabinet wat op 6 Maart aangekondig is, sê prof Raymond Parsons…