News

Robofest 2017: NWU-kampus haal robotika uit die wetenskapklas uit

Die opwinding wat met die Suid-Afrikaanse weergawe van Robofest 2017 gepaard gegaan het, voorspel 'n skouspelagtige internasionale kampioenskap in Junie. Op Saterdag, 4 Maart 2017, het die Vanderbijlparkkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) in samewerking met Trophy Robotics die 2017 Kampioenskappe van die Suid-Afrikaanse Nasionale Robofest…

Robofest 2017 – waar tegnologie, innovasie en ingenieurswese ontmoet

Op Saterdag, 4 Maart 2017, bied die Vanderbijlparkkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) die Suid-Afrikaanse Nasionale Robofest Kampioenskap 2017 aan. Hierdie jaar se kampioenskap dien as kwalifiseerder vir die internasionale kompetisie wat in Junie in Florida, VSA, gaan plaasvind.

“Die hoofdoel van 'n inisiatief soos Robofest is om…

“Beur voort en hou aan glo” – Prof Linda du Plessis

“Waak daarteen om uitdagings bloot as  nadelig te sien. Dit is belangrik om te weet dat deur probleme proaktief aan te spreek en te oorkom, jy in die proses waardevolle lewenslesse leer. Uitdagings en swaarkry leer ons deursettingsvermoë, volharding en aanpasbaarheid”. Dit is die boodskap wat prof Linda du Plessis, waarnemende kampusrektor…

Afrika-unie en Afrika-universiteite moet kennis neem van waterskeidingsuitspraak

Die volgende artikel is ʼn meningstuk deur dr Ilyayambwa Mwanawina, ʼn kundige wat betref streeksintegrasie, internasionale reg, goeie korporatiewe bestuur en menseregte aan die Noordwes-Universiteit (NWU).

Hy verduidelik wat hierdie waterskeidingsuitspraak beteken vir die Afrika-unie en Afrika-universiteite – veral met betrekking tot Afrika-…

NWU-alumna benoem vir 2017 Vrou van die Jaar-toekennings

ʼn Vrou word soms met ʼn volle sirkel vergelyk: binne-in haar is die potensiaal om te skep, te koester en te transformeer. As ʼn mens kyk na die kaliber van die finaliste vir die 2017-weergawe van die Vrou van Statuur: Vrou van die Jaar-toekennings, is hierdie woorde inderdaad waar. Onder hierdie finaliste is Shannon Roscher, ʼn alumna van die…

Geweld teen immigrante strem ekonomiese integrasie in Afrika

Die opvlamming van geweld teen immigrante in Johannesburg en Pretoria het skokgolwe deur die kontinent gestuur en aanleiding gegee tot oproepe vir robuuste dialoog en proaktiewe intervensies om xenofobie uit te roei.

Suid-Afrikaners vaar die strate in om te protesteer teen die teenwoordigheid van ongedokumenteerde Zimbabwiërs, Pakistani's…

Internasionale ekonometriekundige gaan hoofrede lewer by Sosiale Wetenskappe-konferensie

Die Noordwes-Universiteit se Vanderbijlparkkampus (NWU Vaal) vat hande met die Sosiale Wetenskappe-navorsingsvereniging in Turkye om later vanjaar die 8ste Internasionale Konferensie oor Sosiale Wetenskappe (ICSS) aan te bied.

Die konferensie sal van 23-25 Augustus 2017 in Durban gehou word en sal deur afgevaardigdes van regoor die wêreld…

NWU-navorsers kry befondsing vir bekamping van groot bedreiging

ʼn Portefeulje van kliniese navorsingsprogramme word in die vooruitsig gestel met die potensiaal om wetenskaplike begrip te verbeter van wat na verwagting die algemeenste oorsaak van dood in SA gaan word – nieoordraagbare siektes (NOS'e). Navorsers van die Noordwes-Universiteit (NWU) wat kardiovaskulêre siektes en hul risikofaktore bestudeer, het…

Nasionale begroting laat geen ruimte vir foute – Ettienne le Roux

“Die nasionale begroting wat op 22 Februarie aangekondig is, is beslis ‘n ‘tawwe’ een wat in moeilike omstandighede opgestel moes word.” Dít is die mening van mnr Ettienne le Roux, hoofekonoom van Rand Aksepbank wat verlede week minister van finansies, Pravin Gordhan, se pasgelewerde begrotingstoespraak geïnterpreteer het by die Noordwes-…

Itsoseng gemeenskapsprojek: NWU span saam om hoop te bring

Die wit bussie skommel tot stilstand voor die hoekerf in Drieziek in Orange Farm. Melinda du Toit, PhD-student by die Optentia Navorsingsfokusarea aan die Noordwes-Universiteit (NWU) en Hannes du Toit, dosent by die Ingenieurswese Fakulteit van dieselfde universiteit, is hier om ʼn verskil te maak. 

Melinda se navorsing het haar tot hier…