Fakulteite Nuus

Berei die pad voor vir Suid-Afrika se sirkulêre ekonomie

Die dae van die weggooi-ekonomie is iets van die verlede. Omgewingswetenskaplikes en baanbrekers soos prof Linda Godfrey van die Noordwes-Universiteit (NWU) is die dryfkrag agter die veldtog vir ’n florerende sirkulêre ekonomie.

Met meer as 20 jaar wat aan die bestudering van die afvalsektor gewy is, het prof Godfrey gesien hoe…

Virtuelewerklikheidlaboratorium oorbrug die gaping tussen sielkunde en tegnologie

Die soeke na uitnemendheid sonder grense deur die Noordwes-Universiteit (NWU) het so pas op 23 Augustus ’n innoverende tegnologiese hupstoot gekry met die bekendstelling van sy virtuelewerklikheid-simulasielaboratorium by die Fakulteit Gesondheidswetenskappe.

Navorsing en onderrig en leer was nog nooit groter pret nie: die laboratorium…

Moderne simulasielaboratorium verryk ervaring vir Farmasiestudente

Die Skool vir Farmasie het ’n baie moderne simulasiegerief op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) bekend gestel.  

Die simulasielaboratorium vir die produksie…

Internasionaal befaamde farmaseutiese sakeleier ontvang eredoktorsgraad

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het op Vrydag 2 Augustus ’n eredoktorsgraad aan die internasionaal befaamde farmaseutiese sakeleier en NWU-almunus Jannie Oosthuizen toegeken.

Mnr Oosthuizen het erkenning ontvang vir sy buitengewone bydraes tot en betekenisvolle posisie in die internasionale gesondheidsektor, waar hy as ’n…

Ontmoet ons navorsers

Navorsers van regoor die fakulteite by die NWU gaan voort om opwindende werk op hulle kundigheidsgebiede te doen.

Ons stel die werk van twee navorsers bekend - prof Anja Franken en dr Suranie Horn, beide van die Beroepshigiëne- en Gesondheidnavorsingsinisiatief (OHHRI).

Selfbestuurmotors, vinnige kommunikasie en slimstede benodig gevorderde draadlose netwerke om te kan werk

Kunsmatige intelligensie (KI) het kommunikasiestelsels in die hedendaagse moderne wêreld beduidend verander. Die integrasie van KI by verskillende kommunikasiestelsels sal waarskynlik tot meer gevorderde vermoëns en die uitvinding van nuwe toepassings lei – outonome voertuie, buitengewoon vinnige kommunikasiespoed en slimstede gaan deur ’n mens…

Hoe bruin seewier en gebruikte oestersampioensubstraat vir hoendervoer gebruik kan word

Een van die grootste uitdagings wat Afrika in die gesig staar, is voedselsekerheid. Dr Godfrey Mhlongo, ’n onlangse PhD-gegradueerde in dierewetenskap aan die Noordwes-Universiteit (NWU), glo dat inheemse hoenders, bruin seewier en oestersampioensaad kan help om die vasteland te voed en die omgewing te bewaar.   

Hy het…

Navorser ondersoek energiesekerheid vir Suider-Afrika

Hoewel elektrisiteitsnutsmaatskappye in staatsbesit reeds lank die energieproduksie in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) beheer, kan groter betrokkenheid van die privaat sektor energiesekerheid regoor die substreek ’n hupstoot gee.

Die goeie nuus is dat die lidlande van die SAOG aktief beleggings in die energiesektor…

News24 kies NWU-innoveerder as ’n Jong Mandela

Die nalatenskap en impak van voormalige president Nelson Mandela om mense se lewens ten goede te verander, is steeds iets om na te streef.

News24 het onlangs hulle Jong Mandelas vir 2024 gekies – en vier ’n nuwe geslag jong kampioene wat daartoe verbind is om die Suid-Afrika van Madiba se drome te bou.

Ian Thomson, ’n PhD-…

Prof Wannie Carstens ontvang gesogte prys vir bydraes tot Afrikaans

Prof Wannie Carstens, die voormalige direkteur van die Skool vir Tale aan die Noordwes-Universiteit (NWU), het die gesogte Jan H Marais-prys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir sy buitengewone bydrae tot Afrikaans as wetenskaptaal ontvang. Dit is ter erkenning van die hoë vlak en hoë gehalte van sy werk, asook sy kundige…