Teen alle verwagtings in: sy oorleef nie net nie, maar floreer
Ses jaar het reeds verloop sedert Chanell Meijer lewensveranderende beserings in ‘n ernstige fietsongeluk opgedoen het. In dié tyd het sy egter alle verwagtings oortref en sal sy gedurende die 2020 akademiese jaar van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark haar beywer vir ‘n meestersgraad in opvoedkunde.