Wêreldvoedseldag 2019: Gemors is nie gemors voordat dit gemors word nie!
>
Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Fakulteit Opvoedkunde in Vanderbijlpark het onlangs by die wêreldgemeenskap aangesluit om Wêreldvoedseldag te vier. Die fakulteit het op 16 Oktober ’n spesiale lesing oor voedselsekerheid en die uitwissing van wêreldwye honger aangebied.