Rektor beloon wenners van eerstejaarskarnaval
Die wenners loop met die louere weg – in hierdie geval was dit die Faranani-afkampuskoshuis van die Vanderbijlparkkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU). Prof Linda du Plessis, waarnemende kampusrektor, het aan hierdie wenners van die 2017-weergawe van die eerstejaarskarnaval ’n kontantprys van R10 000 oorhandig.