Verwelkomingsdag 2017 – eerstejaarstudente, teken hierdie datum aan!

Die Noordwes-Universiteit se Vanderbijlparkkampus (NWU Vaal) gaan binne die volgende week die nuwe groep eerstejaarstudente vir die 2017 akademiese jaar verwelkom.

Vanaf 23 Januarie gaan die kampus die eerstejaars se registrasie- en oriënteringsprogram van stapel laat loop. Hierdie program loop uit op die verwelkomingsdag van 2017 op Saterdag 4 Februarie – ’n hoogtepunt vir ouers sowel as geregistreerde studente.   

Meer oor die verwelkomingsdag

Volgens die Dekaan van Studentesake, me Prem Coopoo, bied die verwelkomingsdag aan studente en hulle ouers die geleentheid om nie net die verskillende bestuurs- en studenteleierskapstrukture te ontmoet nie, maar ook om kennis te maak met die verskillende kwaliteitonderrig-leer- en akademiese ondersteuningsmeganismes wat gebruik word om ’n bevorderlike studie-omgewing te skep.

Die verwelkomingsdag verteenwoordig ook die simboliese sluiting van ’n vennootskap tussen die Universiteit en die ouers van ons studente. Ouers verteenwoordig ’n uiters belangrike belanghebbergroep en ons doelwit is om mekaar se hande te vat om die instelling te verbeter en ook om die sukses van al ons studente te verseker,” verduidelik me Coopoo.  

Teken hierdie datum aan

Die verwelkomingsdag vind op Saterdag 4 Februarie 2017 om 09:00 plaas. Die lokaal is gebou 12. Vir meer inligting, kontak die Dekaan van Studentesake: prem.coopoo@nwu.ac.za, of skakel 016 910 3244.

Submitted on Mon, 01/16/2017 - 13:34