News
Alumni vergader by tuiskomsgeleentheid om ’n impak te maak
As jy gedink het ’n reünie is niks anders as ’n nostalgiese reis na die verlede nie, maak jy ’n groot fout. Vir die Jong Alumni-groep van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark verleen hul jaarlikse reünie – of tuiskomsgeleentheid – aan hulle die geleentheid om ’n positiewe impak op die lewens van toekomstige gegradueerdes…
NWU Vaal en KFC Minikrieketfees: klein spelertjies, groot drome!
As dit kom by kriekettalent staan die Vanderbijlpark nie ‘n enkele tree terug nie, en is die kans goed dat die volgende AB de Villiers, JP Duminy en Kagiso Rabada uit eie geledere opgelewer sal word. Dié gewaarwording is tydens die onlangse KFC Minikrieketfees gemaak, wat op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark aangebied…
89 minute van glorie is goud
Elke gemeenskap het so ‘n sportverslaggewer; iemand wat één word met die hartseer en jolyt van sportlui. Hulle word as’t ware wen en verloor se stem. Ons luister na hulle, want hulle was daar. Elke naweek, of daar nou sonskyn, reën of hael is, is hulle gewapen met notaboek en sonroom.
Hierdie baadjie pas die Potchefstroom Herald se Wouter…
NWU bied suksesvolle Internasionale Konferensie oor Sosiale Wetenskappe aan
Die 10de Internasionale Konferensie oor Sosiale Wetenskappe (ICSS), wat onlangs in Vanderbijlpark plaasgevind het, is net nog ’n uitstekende voorbeeld van hoe die Noordwes-Universiteit (NWU) ter wille van akademiese vordering met internasionale vennote saamwerk.
Die konferensie verteenwoordig ’n dinamiese samewerking tussen die NWU se…
Onoorwonne seisoen vir NWU Vanderbijlpark rugby
‘n Onoorwonne seisoen is iets waaroor enige afrigter en speler droom, maar slegs ‘n uitgelese groep sal dié prestasie op hulle getuigskrif kan aanbring.
Die o.21-rugbyspan van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark het dié uitsonderlike maalpyl vroeër vandeesmaand vermag toe hy sy eweknie Brakpan met 42-37 in die…
Howzat! Pret en plesier die KFC mini-krieket-manier
ʼn Menigte klein krieket-karnallies toegerus met kolwe, beenskutte en paaltjies gaan eersdaags op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark toesak om met hulle mini-krieketvernuf te spog.
Op Saterdag, 14 September, sal meer as 520 jong krieketspelers – verteenwoordigend van 19 skole van regoor die Suid-Gauteng streek –…
SOL stel Wiskunde- en Statistieksentrum in Vanderbijlpark bekend
Erken dit nou maar. Niemand hou daarvan om te erken dat vakke soos wiskunde, statistiek en programmering hulle slapelose nagte besorg nie. En erger nog, die vra van hulp kan ook nogal skrikwekkend wees.
Hierdie hoofpyne is egter iets van die verlede danksy die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) op die Noordwes-Universiteit (NWU) se…
Internasionale navorsingsamewerking gaan krisis van seksuele benadeling konfronteer
Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Optentia navorsingsfokusarea is besig met baanbrekerswerk oor die ontwerp en uitvoer van internasionale samewerkingsnavorsing in die Suid-Afrikaanse hoëronderwyslandskap.
Optentia het onlangs vir prof Tess Patterson van die Universiteit van Otago in Nieu-Seeland as buitengewone professor in hulle midde…
Krone, selfvertroue en charisma – Mej en Mnr NWU Vaal 2019
As jy gedink het dat skoonheidswedstryde net oor hoë modes en begeerlikheid gaan, misgis jy jou deeglik. By die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark verteenwoordig die jaarlikse Mej en Mnr NWU Vaal-kompetisie ’n viering van selfvertroue, charisma en talent.
Hierdie jaar het die pragtige Azania Msagala en die charismatiese…
NWU maak ’n impak tydens Eureka Skool se spesiale sportdag
Dit is ’n foto wat voorwaar boekdele spreek. Twee jong leerders wens mekaar geluk nadat hulle aan die jaarlikse spesiale sportdag van die Eureka Skool deelgeneem het. Met hulle breë glimlagte en blink ogies dra hulle trots hulle gedenkmedaljes om hulle nekke.
’n Gesig soos hierdie getuig van die Noordwes-…