Gemeenskap

‘n Arend vir Fanie

Fanie Roos, ’n dosent in sportbestuur, het onlangs die eerste verteenwoordiger van die Noordwes-Universiteit (NWU) geword wat die gesogte Professionele Gholfspelersvereniging van Suid-Afrika (“PGA-SA”) toegespreek het.
Submitted on Wed, 10/31/2018 - 13:05

Inligting oor maatskaplike dienste is net ’n toep weg vir senior burgers

In ’n stowwerige straat van ’n dorpie in Noordwes moedig ’n groep 12-jariges mekaar luidkeels aan terwyl hulle kgati, ’n inheemse speletjie, met ’n springtou speel. Namate die speletjie ernstiger raak, hoor een van hulle haar ouma vanuit die kombuis roep en haar vra om gou na hulle wyksraadslid se huis toe te gaan om te hoor of die maatskaplike toelaes die volgende dag uitbetaal sal word. Om op ander staat te maak vir inligting oor maatskaplike dienste is ’n werklikheid wat talle Suid-Afrikaners ervaar.
Submitted on Fri, 10/26/2018 - 10:00

Gr8 Success! – ’n ernstige speletjie om vir mense sagte vaardighede aan te leer

Ontmoet vir Faith Sibiya en Carl Thomson. Hulle is twee tipiese universiteitstudente. Faith is ’n eksentrieke voetesleper en vind altyd ’n verskoning om daardie baie belangrike taak te doen… maar môre. Carl, aan die ander kant, is ’n aandagafleibare lolpot. Hulle moet albei binne ses maande hulle buiging in die werksomgewing daarbuite maak.
Submitted on Fri, 10/26/2018 - 09:36

NWU maak nuwe moontlikhede vir fempreneurs oop

Dit was ’n aand van hoë modes en feesviering wat goed gepas het by die gevierde groep vroulike entrepreneurs wat gereed staan om die werksomgewing aan te pak. Die 2018 Gala-toekennings van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Ondernemende Vroue-program het die 28 vroue wat die program suksesvol voltooi het, onlangs by die Emerald Hotel in Vanderbijlpark gevier.
Submitted on Tue, 10/16/2018 - 15:35