Sportdepartement wil personeel aktief kry

Met die gesegde: “’n Fikse en gesonde liggaam is die beste modestelling wat jy kan maak”, wil die sportdepartement op die Vanderbijlparkkampus van die Noordwes-Universiteit die tradisionele manier verander waarop mense oor fiksheid en gesondheid dink.

Die departement het onlangs die bekendstelling aangekondig van die NWU Vaal se kondisioneringsprogram vir personeel wat binnekort gaan begin.

Volgens mnr Joseph Matlhong, rekreasiebeampte binne die departement, is die doel van die program om ’n kultuur te skep waar werknemers ’n gesonde leefstyl kan kies. Hy sê met die besef in gedagte hoe kritiek fiksheid vir algehele gesondheid is, het die departement gemeen dat dit die moeite werd is om ’n nuwe benadering tot oefening by die werkplek te volg.

Dit gaan ’n omvattende fiksheidsprogram wees wat oefening, gim-sessies en dieetadvies vir personeel insluit,” sê Matlhong. Hy voeg ook by dat hoewel die primêre doel van hierdie program is om fiksheid te bevorder, dit ook ’n baie goeie manier is om sosiale samehorigheid tussen personeellede te bevorder.

Registrasie en navrae

Personeellede wat belangstel, sal ’n maandelikse fooi van R100 moet betaal wat by die kampus se finansiële kantoor betaalbaar is.

Vir meer inligting kontak Joseph Matlhong by 016 910 3191 of 083 5097 538, of stuur ’n e-pos aan 22568603@nwu.ac.za

 

Submitted on Wed, 02/01/2017 - 11:41