News
NWU-kundiges beklemtoon die belangrikheid van opleiding van fempreneurs
Met Vrouemaand in volle swang, plaas twee kundiges van die Noordwes-Universiteit (NWU) die kollig op die belangrikheid van entrepreneursopleiding vir vroulike entrepreneurs.
Die kundiges, dr Natanya Meyer en dr Luzaan Hamilton – albei lede van die Skool vir Ondernemingsbestuur – is van mening dat om vroue in staat te stel om ’n proaktiewe…
NWU gaan gasheer wees vir internasionale kundige oor denkkrag
Robin Banks, ’n vooraanstaande kundige oor die onderwerp van denkkrag en persoonlike meesterskap, sal die Noordwes-Universiteit (NWU) tydens Oktober besoek.
Hy sal op 10 Oktober sy werkswinkel, “Success is a choice”, op die kampus in Vanderbijlpark aanbied, en al die lede van die universiteitsgemeenskap word genooi om hierdie noodsaaklike…
Optentia lewer die derde internasionale gesamentlike PhD
Werkloosheid het Suid-Afrika in ’n wurggreep. Volgens die jongste syfers – soos vroeër deur Statistieke SA bekend gemaak – het die amptelike werkloosheidskoers in Suid-Afrika in die tweede kwartaal van die jaar tot 29% gestyg. Dit is die hoogste werkloosheidskoers sedert 2008.
Deur getrou te bly aan sy verbintenis om ’n internasionaal-…
Navorsing ondersteun innoverende strategieë vir onderrig en leer in rekeningkunde-klaskamers
As ’n professionele opvoeder is die Noordwes-Universiteit (NWU) se dr Viné Petzer passievol daaroor om die krag van opvoeding te ontgin. Veral waar dit by die wetenskap van die onderrig van rekeningkunde kom.
Dr Petzer het meer as 15 jaar praktiese ervaring as dosent in rekeningkunde in hoër onderwys, en het onlangs haar doktorsgraad in…
Kyk waar jy loop: studentepedometeruitdaging!
Die tweeweek-uitdaging om meer aktief te wees, is aan die gang, en met die lente net ’n paar weke weg, is alle lede van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampusgemeenskap in Vanderbijlpark gereed om aan die Studentepedometeruitdaging deel te neem.
Die kompetisie, aangebied deur die Skool vir Bestuurswetenskappe, sal van 12 tot 25 Augustus…
Samewerking tussen NWU en Vanderbijlpark Rotariërs gee wiskunde-onderwys ’n hupstoot
STEM, of wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde, is nie bloot ’n lys van belangrike vakke nie, maar eerder ’n kruisdissiplinêre opvoedkundig-integrerende filosofie.
Hierdie filosofie sal nie net studente in die 21ste-eeuse wêreldekonomie mededingend maak nie, maar sal ook geweldig tot die volhoubare ekonomiese ontwikkeling van…
SEW 2019: meer as idees – optrede!
Met die nasionale bekendstelling van Studente-entrepreneurskapsweek (SEW) wat op 1 Augustus 2019 plaasvind, is hoëronderriginstellings regoor die land gereed om bewustheid van die belangrikheid van entrepreneurskap as ’n lewensvatbare loopbaanopsie te skep.
Dit is ook die geval by die Noordwes-Universiteit (NWU).
Hierdie nasionale…
Intreerede spoor bedryfsnavorsing na die Tweede Wêreldoorlog toe terug
Bedryfsnavorsing (BN) is modern en uiters gesofistikeerd, maar die oorsprong daarvan kan teruggespoor word na 1939, toe die Koninklike Lugmag die reikwydte van radar begin uitbrei het.
Prof Philip Pretorius het onlangs die gehoor aan die begin van sy intreelesing op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark ’n kort…
Geestesgesondheid-bewustheidsdag 2019: laat elke treë tel!
Geestesgesondheid omvat soveel meer as bloot ’n treffrase van ons tyd. Dit is trouens een van die belangrikste welstandsfaktore om te oorweeg, aangesien dit almal raak, ongeag hulle ouderdom, geslag, sosiale posisie of professie.
Daarmee in gedagte gaan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Alumni-kantoor en die Gesondheidsorgsentrum in…
NWU se Fanie as een van die beste gholfafrigters vir Gauteng benoem
Om vir Fanie Roos ’n naweekgholfspeler met ’n goeie gemiddelde te noem, sou beslis ’n groot fout wees. Fanie, ’n dosent in sportbestuur aan die Noordwes-Universiteit (NWU), is ’n geakkrediteerde professionele gholfspeler, en hy is so pas as finalis in die gesogte Professionele Gholfspelersvereniging van Suid-Afrika (PGA-SA) se jaarlikse…