News
TELIT-SA: die toekoms van tegnologie-bevorderende leer
’n Toegewyde fokus op die praktyk van tegnologie-bevorderende leer: dit is waaroor die pas gestigte TELIT-SA-navorsingsfokusarea gaan.
TELIT-SA staan vir tegnologie-bevorderende leer en innoverende onderwys en opleiding in Suid-Afrika (Technology Enhanced Learning and Innovative Education and Training in South Africa), en die eenheid kyk na…
Dothraki en ander subkulturele tale – die fokus van ’n unieke PhD-studie
“Me zisosh disse”. Dit is net ’n vleiswond. Dit sal beslis goeie nuus wees as jy gewond is en een van dié taal se moedertaalsprekers is. Dit is Dothraki en is die fantasietaal wat vir die televisiereeks Game of Thrones geskep is. Die taal word vandag gepraat deur ’n beduidende getal mense wat aan ’n subkulturele groep in die samelewing behoort…
Innoverende navorsing beloon NWU-dosent met PhD
Dit was ’n trotse oomblik op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark toe Taty Dekoke, ʼn dosent in Frans, sy PhD in linguistiek en literêre teorie ontvang tydens die herfsgradeplegtigheid wat onlangs op die kampus plaasgevind het.
In sy tesis, The changing language repertoires of Congolese migrants in the Vanderbijlpark,…
PhD-gegradueerde ondersoek hoe Nigeriese tersiêre leerders Engels onder die knie kry
’n Trotse Remilkun Iyabo Adeyemi het onlangs haar PhD in Engels tydens die onlangse herfsgradeplegtigheid op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark ontvang.
Die Nigeries-gebore Adeyemi wat onder die wakende oog van haar studieleier, prof Bertus van Rooy gestudeer het, het haar graad met die tesis genaamd A corpus-based…
NWU PhD graduate contributes to international literature
Die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark het met trots ’n PhD in Engels aan Manuela Fernandes-Martins, akademiese ontwikkelaar aan die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) gedurende die onlangse herfsgradeplegtigheid toegeken.
In haar tesis, An evaluation of a franchised supplementary programme in English as a second…
Jongklomp wen internasionale innoveringstoekenning vir robotikaprojek
Drie elfjarige kinders van Vanderbijlpark – Izabelle Bothma, Ewald Harmse en Wilmar Pretorius – het ’n robot ontwerp wat reddingspanne kan help om iemand te vind wat onder die sneeu toegeval is. Hulle vindingrykheid het vir hulle die innoveringstoekenning by die onlangse Robotika Wêreldkampioenskap gewen.
Maar hoe hou hierdie merkwaardige…
Hulpverlening aan Knysna en ander storm geteisterde gebiede
Lede van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampusgemeenskap in Vanderbijlpark word aangemoedig om nie-bederfbare produkte, toiletware, komberse en water te versamel ter ondersteuning van die slagoffers van die onlangse brandkrisis in die Tuinroete.
Dié insamelingsprojek word in samewerking met DHL-koeriergroep aangebied.
Volgens…
NWU-personeel bedank vir sowat 3 700 diensjare
Bykans 3 700 jaar! Dit is die hoeveelheid diensjare waarvoor personeel van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus op Potchefstroom en by die Institusionele kantoor onlangs vereer is.
Tydens die geleenthede is personeel bedank vir hulle harde werk, toewyding en omgee-gesindheid.
Prof Fika Janse van Rensburg, waarnemende rektor…
NWU-verpleegkundestudente skenk plakkate aan ES le Grange Skool
Tweedejaar-gemeenskapsverpleegkundestudente van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Potchefstroom het onlangs weer na leerlinge van ES le Grange Skool uitgereik.
Die studente het gesondheidsopvoedkunde-sessies met die leerlinge gehou waar hulle op onder meer handhigiëne, oefening en gesonde kos gefokus het. Die studente het die…
Bloemis Yolanda blom toe eintlik in die onderwys
ʼn Mens kan nie help om te wonder of Yolanda Fourie in haar matriekjaar aan die Hoërskool Transvalia geweet het wat vir haar in die toekoms wag nie. Het sy ooit, terwyl sy as bloemis tussen die blomme werksaam was, geweet waar sy eintlik eendag sou blom? Sou sy kon dink dat sy eendag op die verhoog by ʼn gradeplegtigheid van die Noordwes-…