Van ideevorming tot kommersialisering – dit is NWU-navorsing wat ’n impak maak

Die Tegnologie-oordrag en Innovasie-ondersteuningskantoor (TOIO-kantoor) by die Noordwes-Universiteit (NWU) help innoveerders en entrepreneurs om hulle drome te bewaarheid.

Toe ’n derdejaar-BCom-student, Irene Nompini Tsele, haar idee vir ’n kosmetiekonderneming gekry het, het sy glad nie geweet dat ’n vennootskap met die universiteit se TOIO-kantoor eendag haar besigheid sal help floreer nie.

Sy is een van die talle entrepreneurs wat, danksy die NWU, die mynveld van besigheid betree het in haar reis op pad na kommersiële sukses.

Irene, saam met ander uitstallers, het onlangs haar produkte uitgestal by ’n multibelanghebbergeleentheid wat deur die NWU aangebied is om die instelling se navorsingsvermoëns te demonstreer wat tot die kommersialisasie van innoverende produkte en dienste gelei het.

 

Irene Nompini Tsele (middel), ’n entrepreneur en finalejaarstudent by die NWU, saam met Thandi Maretlane en Hannes Malan, albei van die NWU se Tegnologie-oordrag en Innovasie-ondersteuningskantoor.

Die Tegnologie-oordrag en Innovasie-ondersteunings-kantoor (TOIO-kantoor) by die NWU help innoveerders en entrepreneurs om hulle drome te bewaarheid.

 

Submitted on Fri, 04/28/2023 - 10:47