QS World University Rankings bevestig dat die NWU onder die bestes tel
Die jongste Quacquarelli Symonds-ranglys (QS-ranglys) plaas die Noordwes-Universiteit (NWU) onder die top-agt Suid-Afrikaanse universiteite op die QS World University Rankings, wat op 8 Junie vrygestel is.
Die NWU is wêreldwyd op die ranglyskategorie van 1 001 tot 1 200 vir die 2022/2023 QS World University Rankings geplaas – dieselfde as verlede jaar. Die NWU se prestasie was vir die afgelope vier jaar konstant in hierdie kategorie van die ranglys.