Die Noordwes-Universiteit se Vanderbijlparkkampus (NWU Vaal) gaan binne die volgende week die nuwe groep eerstejaarstudente vir die 2017 akademiese jaar verwelkom.
Dit is hierdie jaar die vierde jaar wat die baie geslaagde leerprogram, Oorbrug die Wiskunde-gaping, aangebied word. Dit word deur die Fakulteit Ekonomiese Wetenskappe en Inligtingstegnologie aan die Vanderbijlparkkampus van die Noordwes-Universiteit aangebied.
Vier jaar sedert die bekendstelling van die Oorbrug die Wiskundegaping- (BTMG-) leerprogram aan die Noordwes-Universiteit se Vanderbijlparkkampus het talle leerders nie net hulle vrees vir wiskunde verloor nie, maar is ook florerende studente wat hulle universiteitstudies in die veld van BCom en BSc volg.