Feeste en nog feeste met NWU wat twee dekades van uitmuntendheid vier

Wat kry jy wanneer jy twee hoëronderwysentiteite, elkeen met sy eie missie van uitnemendheid, laat saamsmelt? Die resultaat is ’n universiteit van wêreldgehalte wat voortgaan om uit te blink, nie net onder die tersiêre-onderwysinstellings wat onder die room van die oes is nie – soos dit op die plaaslike en internasionale ranglyste gesien kan word – maar ook in sy prestasies op alle gebiede van die akademie en die studentelewe.

Die Noordwes-Universiteit (NWU) begin op 14 Maart sy jaar lange viering van die 20ste herdenking van die samesmelting tussen die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (insluitende sy kampus in Vanderbijlpark), die Universiteit van Noordwes (voormalige Universiteit van Bophuthatswana) en die Sebokengkampus van die Vista Universiteit.

Die afskop beloof om ’n vreugdevolle viering te wees, met vername belanghebbers wat saamkom om na te dink oor die NWU se grootste mylpale sedert sy ontstaan in 2004. Die gastelys lees soos die vernaamstes van twee dekades van NWU-vaandeldraers. Dit sluit prominente alumni, gerespekteerde huidige en voormalige voorsitters en ondervoorsitters van die Raad, belangrike voormalige studenteleiers, en gewaardeerde verteenwoordigers van die gemeenskap soos die burgemeesters van die Mahikeng-, JB Marks- en Emfuleni- plaaslike munisipaliteite in.

Dit gaan ’n aand wees wat in die NWU se kenmerkende pers getooi is wanneer die gaste die pragtige venue vul.

Die NWU se reis sedert die samesmelting was opwindend en vol gebeurlikhede terwyl dit sy pad in die Suid-Afrikaanse hoëronderwyslandskap uitgekap het. Met die oorgang van ’n federale na ’n unitêre model is die NWU se suksesverhaal een van akademiese uitnemendheid, navorsing en innovasie van wêreldgehalte, superieure onderrig en leer, en ’n vasberade toewyding aan volhoubare gemeenskapsbetrokkenheid wat ’n impak maak.

’n Belangrike boodskap vergesel die feesvierings: die NWU sal voortgaan om ’n wonderlike toekoms vir al sy belanghebbers te skep en ’n verskil in die lewens van mense te maak, soos dit reeds die afgelope twee dekades gedoen word.

Die eerste geleentheid is ’n deel van die breër feestelikhede wat regdeur 2024 gaan voortduur.

Hiermee die skakel na die NWU 20-jaar viering bekendstellingsgeleentheid: https://www.youtube.com/watch?v=-VivXQLgrBI

:

Submitted on Tue, 03/12/2024 - 12:00