NWU-navorsing kyk na die ervaring van werkloosheid
Drie PhD-studente van die Optentia-Navorsingsfokusarea op die Vanderbijlparkkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs rolspelers uit die gemeenskap genooi om saam met hulle om die konferensietafel te sit om die uiters tersaaklike probleem van werkloosheid te bespreek.
Melinda du Toit, Leoni van der Vaart en Rachele Paver het elkeen die geleentheid gehad om rolspelers op ’n kort reis deur hulle onderskeie dele van die studie te neem.