Chantel gaan by SA se studente-netbalgroep aansluit
Die netbalspan van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark het dalk nie sukses by USSA (Universiteitsport Suid-Afrika) gesmaak nie, maar het steeds daarin geslaag om die nasionale keurders te beïndruk.
Tydens die USSA-toernooi wat in Potchefstroom plaasgevind het, het die span van Vanderbijlpark die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) en die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) geklop.