NWU samel 14 ton klere vir ’n goeie doel in

Op 9 Oktober het dit onder studente van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Potchefstroom gegons van opgewondenheid toe hulle kaalvoet op die kampus rondgeloop het om Kaalvoetdag te ondersteun.

Kaalvoetdag is ’n jaarlikse gebeurtenis waartydens studente hulle daaglikse aktiwiteite kaalvoet aanpak as simbool van empatie met mense regoor die wêreld wat nie skoene het nie.

Hierdie jaar het die Studente-JOOL-gemeenskapsdiens (SJGD) saam met studente en personeel 14 ton tweedehandse klere, skoene en komberse ingesamel.

Hierdie items sal aan die verskillende SJGD-projekte binne die gemeenskap versprei word.

 NWU-studente toon dat hulle harte op die regte plek sit deur die jaarlikse Kaalvoetdag-inisiatief te ondersteun.

 

Submitted on Wed, 10/11/2017 - 14:58