Alumni trek saam vir jaarlikse sakeontbyt

Die jaarlikse Alumni Sakeontbyt van die Noordwes-Universiteit (NWU) sal na verwagting op 8 Maart 2019 in Vanderbijlpark plaasvind.

Hierdie funksie bring lede van die NWU-alumnivereniging, akademici, sakelui en gemeenskapslede byeen om skouers te skuur en kwessies soos die Staatsrede en die nasionale begrotingstoespraak te beredeneer. ʼn Paneel van kenners sal ʼn bespreking oor die manier waarop hierdie kwessies die land, op ekonomiese en politieke vlak beïnvloed, lei

Volgens Zanele Ngobese, alumnikoördineerder op die kampus in Vanderbijlpark, gee die geleentheid gehoor aan die oproep van president Cyril Ramaphosa vir gemeenskappe om saam te kom en as ʼn eenheid oplossings vir alledaagse probleme soos werkloosheid, dienslewering, behuising, geslagsgebaseerde geweld en grondonteiening, te vind.

“As ʼn universiteit wil ons ʼn deel van die oplossing wees. Deur geleenthede soos hierdie poog ons om ʼn platform te skep waar konstruktiewe dialoog tussen akademici en die openbare- en privaatsektore kan plaasvind. Ons alumnigemeenskap verteenwoordig verder ʼn dinamiese groep denkers met jare se ervaring en innoverende denke wat ons in staat sal stel om met tasbare oplossings, wat ʼn positiewe bydrae tot die verbetering van die sosio-ekonomiese toestande in ons land kan lewer, vorendag te kom,” verduidelik Zanele.

Die doel van die paneelbespreking is om unieke sienings oor sake en politiek, veral inaggenome dat Suid-Afrikaners gedurende 2019 weer na die stembus sal optrek ten einde ʼn nuwe Nasionale Vergadering en nuwe provinsiale strukture in plek te stem.

Dagboek die datum

Om hierdie geleentheid by te woon, kontak asseblief vir Zanele, per e-pos by zanele.ngobese@nwu.ac.za of telefonies by 016 910 3250. Die funksie sal om 08:00 begin en sal om 11:00 tot ʼn einde kom.

Meer inligting – insluitend toegangsfooie sowel as inligting rondom sprekers – sal binnekort volg.

 

 

 

 

 

Submitted on Thu, 02/14/2019 - 12:39