Vergadering bring verenigde kommunikeerders en oudiovisuele vakkundiges byeen

Die heel eerste vergadering van diegene wat in verenigde kommunikasie (integreerders van verskillende kommunikasieinstrumente en -dienste) en oudiovisuele dissiplines werk, was ’n dawerende sukses.

Meer as 60 afgevaardigdes van 19 universiteite en verskillende ondernemers het op 13 en 14 April hierdie spesiale belangegroep*vergadering by die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool in Potchefstroom bygewoon. Die vergadering het deur gedeelde ervarings en insigte ’n waardevolle geleentheid vir netwerking gebied.

Dit was ook die eerste gesamentlike geleentheid vir verenigde kommunikasie- en oudiovisuele vakkundiges. Lappies Labuschagne, senior bestuurder vir IT Bedrywighede van die NWU en een van die organiseerders van die vergadering, sê die doelwit was om die jongste tendense, beste praktyke en suksesverhale te bespreek.

“Die belangrikheid van samewerking en kommunikasie wanneer verenigde kommunikasie- en oudiovisuele tegnologie geïmplementeer word, was een van die sentrale temas. Sprekers het beklemtoon dat dit nodig is dat organisasies en instellings alle belanghebbers – insluitende inligtingstegnologiespanne (IT-spanne), eindgebruikers en besture – by die beplannings- en implementeringsprosesse betrek.”

Prof Leenta Grobler, bekroonde uitvinder en entrepreneur van die NWU Besigheidskool, het die hoofrede gelewer. Sy het gepraat oor die integrering van stem en video as instrumente in onderrig en leer en hoër onderwys vanuit ’n dosent se perspektief. Verskeie ander sprekers het ook hulle produkaanbiedings gedeel.

Volgens Lappies is nog iets van belang om te onthou dat dit belangrik is om die regte ondernemer te kies wanneer tegnologie geïmplementeer word. Teenwoordiges het hulle ervarings gedeel van hulle werk met verskillende ondernemers en produkte, soos onder andere Skype for Business en Microsoft Teams. “Hulle het die belangrikheid beklemtoon dat ondernemers met goeie prestasies in die verlede, wat ’n grondige begrip van die behoeftes van ’n organisasie of instelling het, gekies word. Hierdie ondernemers moet ook onderneem om deurlopende ondersteuning te bied.”

Vir meer inligting oor die verenigde kommunikasie- en oudiovisuele belangegroepe, kontak vir Lappies Labuschagne by lappies.labuschagne@nwu.ac.za, of vir meer oor IT in hoër onderwys, besoek www.heitsa.ac.za.

*Hierdie spesiale belangegroep is ’n nie-winsgewende organisasie waaraan die IT-direkteurs van al die deelnemende universiteite behoort. Hulle lewer waardevolle bydraes tot Hoër Onderwys Inligtingstegnologie Suid-Afrika (HEITSA). HEITSA koördineer die verskillende spesiale IT-belangegroepe vir universiteite.

 

...

Wielligh Lambrechts, groepleier vir verenigde kommunikasie van die Universiteit Stellenbosch, praat met die afgevaardigdes tydens die heel eerste groepvergadering wat deur die NWU aangebied is.

.....

Prof Leenta Grobler deel insigte oor die inkorporering van tegnologie in hoër onderwys.

...

Lappies Labuschagne, organiseerder van die NWU (regs), saam met Eldridge van der Westhuizen, wat deel was van die HEITSA-span wat gehelp het om die gebeurtenis te reël.

 

 

Submitted on Thu, 05/18/2023 - 12:14